Driedubbele tragedie vir familie van Mateke
Vrou, seun en kleinseun sterf raaiselagtig
'n Familie van die dorp Mateke ly aan skok nadat hulle drie familielede binne 24 uur verloor het ná hulle glo gif ingeneem het.
Die lewelose liggame van die 71-jarige me. Kapango Hausiku en haar seun, mnr. Anton Athanasius Matamu (36) is verlede Donderdag in die vroeë oggendure in hul kamers gevind, terwyl Mbambo William Disho (13) die volgende dag in die Rundu-staatshospitaal dood is.
Disho was Hausiku se kleinseun.
Hangende die nadoodse ondersoek wat na verwagting vandag gedoen sal word, was daar verskeie teorieë oor wat tot die drietal se dood gelei het.
Volgens die polisie kon ‘n tradisionele brousel genaamd Iipwera, wat in die oorledene se huis gevind is, moontlik hul dood veroorsaak het. Die brousel is na ‘n laboratorium vir toetse gestuur.
’n Familielid, mnr. Johannes Mpande, het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê al drie het sedert verlede Maandag van borspyne gekla nadat hulle pap en suurmelk geëet het.
Hy het Sondag gesê nóg ‘n kinkel in die storie het aan die lig gekom ná die vermoede ontstaan het dat die drie groente geëet het wat moontlik giftig kon wees.
“Op die oomblik is ons almal verward, want daar is baie vermoedens. Ons wag egter op die uitslae van die nadoodse ondersoek,” het hy gesê.
TRAGIESE VONDS
Luidens die voorlopige polisieverslag is Hausiku en Matamu se liggame Donderdagoggend deur Hausiku se dogter ontdek nadat sy haar ma, wat die vorige nag van borspyne gekla het, wou gaan groet het.
“Volgens die oorledene se dogter het sy omstreeks 06:00 die oggend wakker geword en toe sy haar ma se slaapkamer binnegegaan het, het sy haar liggaam in die bed gevind.
“Sy het toe na haar broer [Matamu] se kamer toe gehardloop om hom in te lig, maar toe sy die deur oopmaak, het sy sy lyk op die vloer gevind,” lui die verslag.
Daar word verder beweer dat Matamu en Disho Woensdag die Andara-hospitaal besoek het ná hulle borspyne en braking ervaar het. Albei is behandel en ontslaan, maar die 13-jarige Disho is egter dieselfde dag teruggeneem hospitaal toe.
Hy is die volgende na die staatshospitaal op Rundu oorgeplaas. Hy is Vrydag omstreeks 05:00 dood. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie