Droogte: Suid-Korea skenk koskoepons van N$9 miljoen
Die droogtehulpskenking van sowat N$9 miljoen (US$500 000) van Suid-Korea behels koskoepons aan meer as 24 500 inwoners in die Hardap- en Zambezistreek – twee streke wat die swaarste deur die droogte getref is.
Volgens die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram (WFP) ervaar die meerderheid van die inwoners van dié twee streke wanvoeding.
Boonop sal 3 500 kinders baat vind by voedsame maaltye wat deur sopkombuise en gemeenskapsentrums verskaf word, wat hul gesondheid en welstand gedurende hierdie kritieke droogte sal verseker.
Met die koskoepons het gesinne die vryheid om voedselitems van hul keuse by plaaslike kleinhandelaars te koop. Volgens die kantoor van die eerste minister stimuleer dit ook die plaaslike ekonomie wat ’n wen-wen-situasie vir beide gemeenskappe en besighede is.
Die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het tydens die oorhandiging sy dankbaarheid teenoor WFP uitgespreek wat duisende weerlose Namibiese families raak.
Die Suid-Koreaanse ambassadeur Kwang-jin Choi het die voedselhulp aan WFP se verteenwoordiger in Namibië, Tiwonge Machiwenyika, en die kantoor van die eerste minister in die hoofstad oorhandig wat die droogtehulpvoedselprogram hanteer.
Die ambassadeur het Suid-Korea se toewyding herbevestig en gesê dit bou voort op die ondersteuning wat die land tydens die droogte van 2019 aan Namibië gegee het.
Volgens die kantoor van die eerste minister kon hierdie skenking nie op ’n beter tyd gekom het nie en ondersteun dit nie net die onmiddellike behoeftes van Namibiërs nie, maar ook die breër doelwitte van die droogtereaksieplan.
JAPAN
Die regering van Japan het ook sowat N$9 miljoen (US$500 000) in September aan WFP Namibië geskenk wat 26 555 inwoners in die droogtegeteisterde streke van Kunene en Ohangwena met koskoepons bystaan in die versengende droogte wat as die ergste in ’n eeu beskryf word.
Volgens ’n verslag van WFP het Namibië US$14 miljoen nodig om die geraakte Namibiese bevolking tydens die droogte te ondersteun.
WFP voorspel dat 1,26 miljoen Namibiërs (41% van die bevolking) gedurende die droogteseisoen vanaf Oktober 2024 tot Maart 2025 in ’n voedselkrisis- en noodtoestand (IPC3 ) sal wees, insluitend 100 000 mense in nood (IPC4).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie