Duisende sensuswerkers nog nie betaal
Ingrid Booysen - Altesaam 13 000 sensusveldwerkers het nog geen vergoeding vir hul dienste ontvang nie en sê die Namibië Statistiekagentskap (NSA) se vertragings en gebrek aan kommunikasie het hulle in erge finansiële verknorsings laat beland.
Die nasionale bevolkings- en behuisingsensus loop Sondag tot ’n einde. Volgens die sensusopnemers is die proses om hulle te betaal gekenmerk deur ’n “reeks kommunikasiegapings, met beloftes van hangende uitbetalings van salarisse wat voortdurend verander”.
“Vandag vertel hulle jou een ding, môre is dit weer ’n ander storie,” het een veldwerker gesê.
Aanvanklik is die versekering gegee die salarisse sal verwerk word wanneer die veldwerk voltooi is, maar later is gesê die salarisse sal nie betaal word voor einde Oktober nie.
Verskeie veldwerkers wat verkies het om anoniem te bly, kla ook oor die feit dat belasting gehef word op hul salarisse wat hulle as “lae inkomste” beskryf. Die groep beswaardes wat meerendeels jong graduandi insluit, het tans geen bron van inkomste nie, terwyl ander wat na verskeie gebiede oraloor in die land ontplooi is waar hulle ook verblyf moes vind, sê hulle is weens die sloerende betalings in skuld gedompel.
Die NSA se statikus-generaal en uitvoerende hoof, Alex Shimuafeni, het bevestig die betalingsproses word vertraag en erken veldwerkers was veronderstel om teen 31 Oktober hul geld te ontvang.
“Die vertraging is weens die feit dat ons besig is met verskeie verifiëringsprosesse. Dit sluit in die verifiëring van elke enkele tablet wat deur die 13 000 veldwerkers gebruik is. Ons het egter met die betalingsproses begin, maar is nie in hierdie stadium seker wanneer die proses voltooi sal wees nie,” het hy gesê.
“Ek wil die geleentheid gebruik om namens die NSA ’n verskoning uit te reik aan al die veldwerkers en betrokke personeel. Ons werk daaraan om die betalingsproses te versnel en ook hierdie prosesse vir die toekoms te verbeter.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie