Duisende teken diereregte-petisie
‘Grondwet moet gewysig word’
Diereliefhebbers dring daarop aan dat dierelewens in Artikel 6 van die Grondwet beskerm word.
Jemima Beukes – Diereliefhebbers het gevra vir wetlike beskerming en dat dierelewens, ook dié van honde, ingesluit word in die Handves van Regte van die Namibiese Grondwet wat fundamentele menseregte en vryhede bewaar.
Die ondertekenaars het die regering, wetgewers en wetstoepassingsagentskappe versoek om onmiddellik op te tree om diereregte te beskerm, die slagting van honde te veroordeel en strenger maatreëls teen dieremishandeling af te dwing.
In ’n aanlyn petisie wat sowat 4 400 keer onderteken is, het advokaat Ronel Lewies – na aanleiding van die onlangse beweerde diefstal en slagting van die hond Dalton – gesê hul teenkanting teen die slagting van honde is nie ֹ’n kwessie van kulturele oortuigings is nie, maar eerder ’n kwessie van etiek en moraliteit wat verder as kultuur en stam strek.
Hulle het ook beklemtoon honde is lewende wesens, en word as troeteldiere, vriende en gekoesterde familielede beskou en moet as sui generis-eiendom beskou word en moet wetlike erkenning en beskerming geniet op grond van hul inherente regte.
Sui generis beteken gewoonlik iets wat uniek is en enigiets sui generis is van sy eie soort – wat beteken dit is in ’n klas van sy eie.
“Ons vra dat diere, insluitend honde, wetlike beskerming en regte verdien op grond van hul unieke status as lewende wesens. Ons dring spesifiek aan op die uitbreiding van die betekenis van “lewe” soos beoog in Artikel 6 van die Namibiese Grondwet om diere in te sluit.
“Ons stel egter voor dat die reg op lewe vir diere beperk moet word tot die versekering van hul welstand in hul behandeling deur mense,” lui die petisie.
Artikel 6 – wat die beskerming van lewe bepaal – verklaar “die reg op lewe sal gerespekteer en beskerm word en geen wet mag die dood as ’n geskikte vonnis voorskryf nie”.
Dit stel ook geen hof of tribunaal sal die bevoegdheid hê om ’n doodsvonnis aan enige persoon op te lê nie en dat geen teregstellings in Namibië sal plaasvind nie.
OOR DALTON
Dalton was ’n agtjarige weimaraner van Rehoboth wat na bewering uit sy huis gesteel en aan individue verkoop is wat met vleis op die dorp smous.
Ná hul hond se verdwying het die gesin ’n soekgeselskap van stapel gestuur, insluitend sosialemediaplasings, maar dit het hulle ongelukkig na ’n grusame toneel gelei waar Dalton in stukke gesny en gaargemaak is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie