Emosionele intelligensie die no. 1 leierskapsvaardigheid

Werkwinkel vir volwassenes vanaf 5 tot 6 Julie
Emosionele intelligensie word deur werkgewers geprys omdat dit 'n gewilligheid toon om te leer en te groei, wat wys dat jy 'n positiewe houding het en meer geredelik terugvoer sal aanvaar om jou prestasie te verbeter.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Emosionele intelligensie (EQ) is vandag belangriker as ooit tevore.

“Dit bemagtig ons om beter met ander mense te werk en sukses saam met mense te kan bereik,” verduidelik Siegfried (Sigi) Lange, die besturende konsultant by @ Capacity Grow en dekaan van die Capacity Grow Academy – Online training for Capacity Growth.

“Kunsmatige intelligensie (KI) kan baie vir ons doen, maar die interpersoonlike verbinding kan slegs geskep word deur emosionele intelligensie,” sê Lange.

Volgens hom het onlangse studies getoon dat senior bestuur met hoër emosionele intelligensie hul span baie meer doeltreffend na nuwe vlakke van sukses kan lei.

In ’n tyd waar verhoudings onder hoë druk geplaas word en egskeidings al hoe meer voorkom en aanvaarbaar raak, word dit volgens Lange uiters belangrik om emosionele intelligensie te hê om die verhouding ’n kans te gee om te oorleef.

“Met genoegsame emosionele intelligensie teenwoordig by albei partye het die huwelik ’n baie groter kans vir sukses.”

Hy verwys ook na sportlui wat op die hoogste vlak meeding wat ook al hoe meer bewus word van die feit dat die grootste verskil tussen die beste spanne en individue nie soseer hul fisieke vermoë is nie, maar eerder hul emosionele intelligensie.

“In enige beroep wat ons beoefen, kry ons akademiese kwalifikasie vir ons toetrede, maar emosionele intelligensie help jou om opgang te maak en om na hoër poste bevorder te word met meer inkomste,” beklemtoon Lange.

DRIE ELEMENTE

Emosionele intelligensie word verskillend deur verskeie kenners gedefinieer, maar sy persoonlike begrip van die konsep sluit drie elemente in.

“Herken die emosies binne jouself en binne dié van die ander persoon. Verstaan waar die emosie vandaan kom en hoekom dit gevorm word. Gebruik dan jou vermoë om jou gevoelens te bestuur en jou dus in ’n beter rigting te lei.”

In ’n neutedop beteken dit die bestuur van ons persoonlike emosies en dié van ander deur insig in die bestaan en oorsprong van die emosies, sê Lange.

Danksy ons persoonlikhede en ervarings in die verlede “begin” ons vanaf verskillende vlakke van vaardighede in emosionele intelligensie, verduidelik hy.

“Emosionele intelligensie vereis belangstelling in myself en ander persone. Wanneer dié basis bereik is, kan insigte gedeel word wat saam met praktiese hulpmiddels mense help om emosies intern en ekstern van hulself te bestuur.

“Emosionele intelligensie kan dus gekweek word. Ek wil sover gaan om te sê dat as dit nie gekweek word nie dit stadig wegkwyn.”

Baie van die vaardighede in emosionele intelligensie is gebaseer op aangeleerde gewoontes, sê Lange, en weens die plastisiteit van ons brein gaan die verbinding verlore as dit nie herhaal word nie.

WERKWINKEL

Sigi het ’n agtergrond in sakebestuur en kliniese sielkunde. Danksy dié agtergrond stel hy in metodes belang om menslike gedrag op so ’n manier in eenvoudige kernbegrippe op te breek, dat dit maklik verstaanbaar vir mense is.

“Die hoop is altyd dat ons individuele kapasiteit en gevolglik spanne en organisasie kan laat groei.”

Hy het tot dusver drie boeke oor emosionele intelligensie geskryf, waarvan hy vir een die enigste skrywer is, terwyl twee boekprojekte saam met ander skrywers gepubliseer is.

Een van die gesamentlike projekte was saam met internasionale kollegas en het gefokus op verandering in besighede. Die ander projek was vir die menslike hulpbrongemeenskap in Namibië met Sigi wat ’n hoofstuk aan emosionele intelligensie en leierskap gewy het.

As aanbieder en openbare spreker is hy veral bekend vir sy praatjies oor emosionele skuld, die wette van ons natuur en ook die Wilde Perde-konsep. Sigi was as openbare spreker ook die eerste president van die professionele Sprekersvereniging van Namibië wat in die land gebaseer is. Hy bied vanaf 5 tot 6 Julie ’n werkwinkel aan wat van hulp vir enige volwassene (18 jaar en ouer) sal wees, waartydens elke deelnemer die vlak van sy of haar persoonlike emosionele intelligensie sal bepaal en watter insigte dit in hulself gee. Duidelik sal gegee word oor waar emosies vandaan kom en hoekom dit belangrik is.

“Ons sal deur die wette werk wat ons gedagtes beheer, terwyl elke deelnemer na afloop van die werkwinkel ook ’n kopie van die boek Laws of OUR Nature sal kry vir verdere groei.

Die fokus sal ook val op die konsep van emosionele skuld, met deelnemers wat aangemoedig word om dié skuld af te skryf.

Vir verdere selfstudie sal elke deelnemer ook ’n kopie van die boek Emosionele Skuld ontvang. Rasionele en irrasionele gedagtes sal getakel word, met deelnemers wat metodes gewys sal word om hul gedagtes beter te kan ontleed en te bestuur.

“Deelnemers sal gewys word hoekom die meeste mense nie hul stresvlakke goed kan bemeester nie. Die metodes sal help om dit beter te bestuur en selfs stres tot hul voordeel te gebruik.”

Die fokus sal ook val op watter konflikstyl elke deelnemer verkies en hoe die oormatige gebruik of dan die onderbenutting daarvan ’n invloed op hul omgewing het.

Selfgelding sal ook tydens die werkwinkel beoordeel word, met praktiese stappe om dit te verbeter. Laastens sal ’n model met deelnemers gedeel word wat hulle sal help om moeilike gesprekke te kan voer.

Vir meer inligting kan Sigi by [email protected] or [email protected] gekontak word.

BLOKKIE:

Volgens die Wêreld- Ekonomiese Forum se Future of Jobs 2023-verslag word kwaliteite wat met emosionele intelligensie geassosieer word, soos veerkragtigheid, nuuskierigheid, lewenslange leer, motivering en selfbewustheid, hoog op prys gestel deur besighede en sal dit vir die volgende paar jaar so bly.

“Dit is ’n bewys dat besighede die belangrikheid van veerkragtige en reflektiewe werkers beklemtoon wat ’n kultuur van lewenslange leer omhels namate die lewensiklus van hul vaardighede afneem,” lui die verslag, wat hierdie vaardighede in sy top-10 lys.

Trouens, ’n Lee Hecht Harrison Penna-opname wat in 2019 uitgevoer is, het aan die lig gebring dat uit 500 bestuurders van mense ’n geraamde 75% emosionele intelligensievlakke gebruik as ’n kriteria om ’n spanlid vir ’n bevordering of salarisverhoging te oorweeg.

Gewild gemaak deur dr. Daniel Goleman in die middel tot laat 1990’s is emosionele intelligensie die vermoë om jou emosies en dié van ander te herken, te verstaan ​​en doeltreffend te bestuur.

EQ word deur werkgewers geprys omdat dit ’n gewilligheid toon om te leer en te groei, ook bekend as selferkenning (self awareness), wat wys dat jy ’n positiewe houding het en meer geredelik terugvoer sal aanvaar om jou prestasie te verbeter.

En natuurlik is hoër prestasie gelyk aan hoër betaling en om met meer verantwoordelikhede toevertrou te word. Boonop stel emosionele intelligensie jou in staat om in werksverhoudinge te floreer, die behoeftes van belanghebbendes te verstaan, en om verhoudings met sakevennote, spanlede en kliënte te bou en te red.

Op sy beurt versterk dit die maatskappy se reputasie en markwydte—en jou eie.

– Bron: Forbes – Emotional Intelligence no.1 leadership skill for 2024

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Brentford 1 vs 1 West Ham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A