Marlize Horn, Group Executive: Brand & Corporate Affairs and Executive Officer of the Capricorn Foundation.
Marlize Horn, Group Executive: Brand & Corporate Affairs and Executive Officer of the Capricorn Foundation.

Entrepreneurs takel kosafval

Yolanda Nel
Inskrywings vir fase 2 van die Capricorn Foundation Food Waste Challenge is nie net uit Namibië nie, maar ook uit Botswana ontvang. Die topvyf is egter almal plaaslike inskrywings, met twee finaliste uit Windhoek, een uit Rundu, een van Opuwo en een uit Walvisbaai.

Die finaliste sal nou deur Business Box gementor word om die spanne vir die finale rondte van beoordeling voor te berei. Die uitdaging het ’n beroep op lede van die publiek gedoen om hul oplossings in te skryf om selfonderhoudende maatskaplike ondernemings te skep wat die kwessie van voedselafval in die land takel en ook werksgeleenthede skep.

The Impact Tank Analysis Foundation in die hoofstad en spanleier Johanna Shihepo, wil die uitdaging wat deur gemeenskappe in die gesig gestaar word in terme van voedselafval, takel deur middel van die uitlating van kweekhuisgasse.

“Ons organisasie het met die idee vorendag gekom om afvalkos op huishoudelike vlak, in die voedselbedryf en ook by kleinhandelaars in die land met die gebruik van iCompos-tegnologie, organiese afval in net ses ure in kompos te omskep,” verduidelik Shihepo.

SuperFly Bio Converters, ook van Windhoek, fokus op volhoubaarheid deur die natuur. Dit sluit in die herwinning van kosafval, volhoubare insekproteïenprodukte en ook natuurlike kunsmis. Die spanleier, Oliver Bause, sê insekproteïen word al hoe meer wêreldwyd as voedselbron aanvaar met die voordeel dat dit ook ’n goeie, natuurlike proteïen is teenoor ander algemene diereproteïene soos vis, hoender en varkvleis.

Ndasilohenda Katangolo-Nakashwa van Ndinandali Farm is op Opuwo gebaseer en het ’n unieke benadering ontwikkel om die voedingstowwe in vars produkte tydens die Covid-19-pandemie te preserveer.

“Ndinandali Farm is ’n baanbrekerslandbou-onderneming wat fokus om die voedingswaarde van vars produkte te behou wat die raktyd verleng. Met die klem op innovering en volhoubaarheid, het ons ’n unieke benadering ontwikkel wat die manier verander hoe ons ons oeste bemark en versprei. Dit lei tot gepreserveerde produkte wat die oorspronklike smaak, voedingswaarde en kwaliteit behou,” het sy gesê.

Op Walvisbaai poog Nova Research Consultancy (NRC) om die kwessie van hongersnood en armoede te takel. Volgens

Victoria Erasmus kan seekos ’n groot rol speel om hongersnood hok te slaan en ook werksgeleenthede te skep.

“Ons wil ’n werkstasie skep wat uiteindelik tot ’n fabriek groei waar seekos (koppe en lewers) gebruik word om voedsel vir menslike gebruik te vervaardig,” het sy gesê. Spanleier Eddy Ngonga is op Rundu deel van die Eagle Foodhub-toep.

“Dit sal restaurante, winkels en individue bemagtig om oortollige kos deur die toep en webplatform te skenk wat hulle met skuilings, kinderhuise en behoeftiges verbind,” het hy gesê.

Die finale rondte van beoordeling, The Eagles Den, vind op 22 Junie plaas waartydens elke deelnemer of span hul planne vir hul ondernemings aan die beoordelaars moet voorlê. Die wenner van die uitdaging word op 13 Julie bekendgemaak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!