EU injects N$28 mil into GBV eradication.edited (1)
EU injects N$28 mil into GBV eradication.edited (1)

EU belê N$28 m. in stryd teen GBV

Yandi Du Plessis
Elizabeth //Kheibes - Die Europese Unie (EU) het vandeesweek ’n ooreenkoms onderteken om N$28 miljoen by te dra tot die stryd teen geslagsgebaseerde geweld (GBV).

Die inisiatief onder die vaandel van “Geslagsgelykheid/Bestryding [GBV]”, is ’n samewerkingspoging tussen die EU en die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA).

Die oorkoepelende doelwit van die program, volgens die EU, is om by te dra tot die vermindering van GBV in geteikende streke van Namibië teen 2027.

“Opkomende aksies is saam met die UNFPA se kantoor in Namibië en die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn ontwikkel, wat insigte uit nasionale gesondheid- en GBV-inligtingstelsels sowel as onlangse studies wat die omvang, skaal en leemtes in die stryd teen GBV beklemtoon ,” het die EU-ambassadeur in Namibië, Ana Beatriz Martins, gesê.

Sy het bygevoeg dat GBV-syfers in Namibië “onaanvaarbaar hoog” bly, veral in sommige streke waar syfers tussen 28% en 42% wissel.

“Namibië het toewyding getoon om sy geslagsgaping te verklein en geweld hok te slaan, soos byvoorbeeld in Namibië se wette geïllustreer word. Daar bly nietemin nog baie om te doen om geslagsongelykheid te takel op gebiede soos politieke verteenwoordiging, toegang tot onderwys en werksgeleenthede,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!