G4S-werkers dring aan op beter salarisse
Vakbond dra glo nie hul belange op hart
Die sekuriteitswagte vra vir N$25 per uur, 'n jaarlikse bonus van 50% of 100% en dubbelbetaling op Sondae.
Jemima Beukes – Personeel van G4S Namibia is ontstoke oor wat hulle beskryf as hul “karige” salaris van N$2 400 per maand sonder ’n mediese fonds of ’n ekstra toelaag om in gevaarlike omstandighede te werk.
Dié sekuriteitsmaatskappy se werkers het ook die Namibië Onafhanklike Sekuriteitsvakbond (Nisu) daarvan beskuldig dat die vakbond nie in hul beste belang optree nie.
Na bewering is Sondag tydens ’n vergadering tussen die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) se kommissaris Michael Amushelelo en Nisu-leierskap op ’n vreedsame protesoptog ooreengekom.
Die werkers was egter Maandag om 07:00 gestrand sonder enige ondersteuningstelsel.
Die vakbond se woordvoerder, mnr. Simon Kandondo, het twee uur later opgedaag en het beweer hy was siek. Hy het glo nie elektrisiteit gehad om sy selfoon te laai om die stakende werkers hieroor in te lig nie. Amushelelo het 30 minute ná hom opgedaag om oor sy persoonlike sekuriteitsrekening “uit te vind”.
Amushelelo het aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê die polisie het hom gedreig om nie by die staking betrokke te raak nie, omdat hy in hegtenis geneem kan word.
Hy is tans uit op borgtog op klagte van openbare geweld en aanhitsing om ’n misdryf te pleeg.
“Ons het ’n amptelike kennisgewing aan die polisie in terme van die Proklamasie op Openbare Byeenkomste geskryf. Die oomblik wat die goedkeuring toegeken is, sal ek aan die spits wees om te verseker daar word aan die werkers se eise voldoen,” het hy gesê.
Die werkers se verteenwoodiger, mnr. Hilarius Remiguiles, het gesê hulle is teleurgesteld en het vertroue in die vakbond en Amushelelo verloor, maar gaan steeds voort om aan te dring op beter salarisse.
“Dit is baie sleg, want dit was hulle wat die vergadering Sondag gehou het. Ons het gekom om te betoog, omdat hulle so gesê het. Ons het hulle gevra om ons leiding te gee en te sê hoe die wet werk en ons het vir hulle gewag,” het hy gesê.
In ’n versoekskrif wat meer as ’n maand gelede aan die bestuur oorhandig is, vra die sekuriteitswagte en -beamptes N$25 per uur, ’n jaarlikse bonus van 50% of 100%, oortyd, sowel as dubbelbetaling op Sondae.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie