Geen gratis grond kry skuld vir behuisingskrisis
Stygende bevolkingsgetalle, werkloosheid
Gibeon se nedersettingsraad sit met meer as 1 000 aansoeke van mense wat grond nodig het om huise te bou.
Jemima Beukes - Dit is ’n wanopvatting dat die inwoners van informele nedersettings net arm en werkloos is.
Inwoners sluit ook beroepslui soos onderwysers, verpleegsters en polisiebeamptes in wat weens onbekostigbare behuising na die informele sektor gedwing is.
Dit volgens Paul Isaak, die Landless People’s Movement (LPM) se raadslid vir die Gibeon-kiesafdeling, wat ’n mosie ingedien het vir die voorsiening van grond aan arm en grondlose Namibiërs in ’n poging om die behuisingskrisis in die land en veral die platteland te takel.
As voorbeeld het Isaak die nedersettingsraad van Gibeon gebruik wat tans meer as 1 000 hangende aansoeke vir grond en behuising het. Finansiële beperkinge kniehalter egter die raad se vermoë om die grond te diens.
“Die mislukking van die sentrale regering en plaaslike owerhede om grond gratis beskikbaar te stel en dalk net koste te verhaal vir die diens van die grond, is die rede vir die huidige agterstand in die landelike gebiede. Totdat ons ons benadering verander, gaan die landelike armes voortgaan om sonder grond te bly en sal nooit die klein stukkie grond besit wat hulle self moes skoonmaak nie,” het hy gesê.
Volgens hom behoort die tekort aan behuising en grond in landelike gebiede in perspektief geplaas te word met Namibië se stygende bevolkingsgroei en werkloosheid.
“Gibeon se nedersettingsraad sit met meer as 1 000 aansoeke van mense wat grond nodig het om huise te bou. Hieruit moes 188 in 2019 sertifikate vir toestemming vir besetting (PTO’s) ontvang. Die raad moet finansiële hulpbronne hê om die grond te diens en te gee aan grondlose en arm inwoners van landelike gebiede.”
Isaak het ’n beroep op parlementslede gedoen om te bespreek of plaaslike owerhede misluk het om doeltreffende bekostigbare grond vir behuising te voorsien en of daar ’n voorkeur is om die grond teen ’n maksimum wins aan ontwikkelaars te verkoop.
Isaak se mosie vra dat plaaslike owerhede gratis grond aan arm en grondlose plattelandse inwoners verskaf en net die koste vir die diens van die grond verhaal.
Volgens hom is dit ’n noodsaaklike stap om ’n ordentlike lewensbestaan aan inwoners te bied en mense se waardigheid te herstel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie