Haweloses wees gelaat
Swaarkry dwing mense terug strate toe
Dood, hongerte en koue bekommer die tydelike inwoners van die Khomasdal stadium.
Hawelose inwoners van die Khomasdal-sportstadion – wat deur die regering weens die pandemie as ’n tydelike heenkome gebied was – bekla hul lot van hongerte, koue en dood.
Een man is die vorige nag oorlede, hoor Republikein afgelope Donderdag tydens ons besoek aan die stadion.
Volgens sy tentmaats het Willem Gariseb by die staatshospitaal aan tuberkulose beswyk nadat hy self die ambulans gebel het. Gariseb het glo in die groot tent gebly in die middel van die stadion wat ’n oop plan het, saam met ander inwoners wat nie op rekord of op kamera wou verskyn het nie.
Een van die meer uitgesproke inwoners, ene David van Angola, vertel vier mense het al in die tydsduur van sy verblyf in die stadion gesterf.
Volgens me. Petronella Masabane, die hoof van die nasionale taakspan van die immuniseringveldtog, is moet die tydelike inwoners soos die res van die Namibiese burgers verantwoordelik wees om self die ambulans te bel as hulle weens gesondheid redes swak is en nie self by die hospital kan uitkom nie.
“Daar is geen spesiale reëlings vir hul gesondheid nie,” het Masabane gesê. Sy sê die maatskaplike werkers wat aan die begin van die haweloses se verblyf by die stadion was, was ook net ’n tydelike reëling.
Harold Akwenye, die munisipaliteit se bestuurder van korporatiewe kommunikasie en bemarking, sê hy was nog onder die indruk dat die regering wel nog psigomaatskaplike steun aan die inwoners bied.
“Ek kry nie kos meer nie, want die Harambee is mos teruggetrek,” vertel Jacky Cloete, wat glo onder ’n brug gebly het tot die regering hulle na die Khomasdal-stadion verplaas het.
Die inwoners kla die regering het drie maande gelede opgehou om kos of toiletware te verskaf en dat niks van hulle gehoor word nie. Akwenye het ook bevestig die inwoners kry nie meer kos van die regering nie.
“Ons wag net tot ons weer terug strate toe gejaag word,” sê een vroulike inwoner, wat byvoeg dit help nie eens meer om met die media te gesels nie, want niks help verbeter hul omstandighede nie.
Cloete sê die regering het hulle ook grond belowe, waarop hulle steeds wag. Volgens Akwenye is hy nie bewus van dié grondbelofte nie. Hy het ook gesê die verantwoordelike partye het nog nie besluit hoe lank die inwoners nog in die stadion gaan aanbly nie.
Vroeg in die Covid-19 grendeltydperk het die regering saam met die Windhoek munisipaliteit en die Khomasstreekraad haweloses by die Khomasdal-stadion en die Katutura-jeugkompleks begin huisves.
Volgens ’n berig van April 2020 het me. Laura McLeod, die Khomas-goewerneur, aan New Era gesê: “Wanneer hulle daar uitkom, gaan ons nie vir hulle vertel om terug te gaan waar hulle vandaan kom nie, want hulle het nêrens heen om te gaan nie.”
By navraag van Republikein het McLeod gesê sy weet nie wat met die haweloses gaan gebeur nie, omdat hul welsyn nie meer onder haar jurisdiksie val nie.
Met die uitbreek van die Covid-19 pandemie het die regering saam met private maatskappye soos MTC ’n gepubliseerde getal van 240 haweloses ’n heenkome gebied op die Khomasdal stadium en die Katutura jeugkompleks.
Behalwe tente wat deur MTC geborg was, het die regering saam met ander weldoeners uit die gemeenskap kos en psigomaatskaplike steun aan die inwoners gebied.
Huidige inwoners in die Khomasdal-stadion sê die meeste mense wat eers daar gebly het, het aanbeweeg omdat hulle besef het hulle sal vergaan en is eerder terug strate toe om na hulself om te sien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie