Kraamtoelae vanaf die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) is verbeter.
Foto argief
Kraamtoelae vanaf die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) is verbeter. Foto argief

Hersiene SSC-voordele goedgekeur

Uitbetaling vir sterftevoordele tot N$12 000
Die arbeidsminister het aangepaste kraamtoelae, siekverloftoelae en sterftevoordele in die Staatskoerant gepubliseer.
Augetto Graig
Die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Utoni Nujoma, het verlede week die verhoging van nasionale kraamtoelae, siekverloftoelae en sterftevoordele in die Staatskoerant gepubliseer.

Gevolglik moet die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) nou kraamtoelae gelykstaande aan ’n begunstigde se totale basiese salaris tot N$15 000 per maand, vir tot 12 weke uitbetaal.

Vir begunstigdes op siekverlof kan 74% van hul basiese salaris tot op N$11 250 vir tot 12 maande uitbetaal word, en daarna 65% van die basiese salaris tot N$9 750 per maand.

Volgens die Staatskoerant verhoog die uitbetaling vir sterftevoordele tot N$12 000. Hierdie toelaag word vanaf N$8 475 verhoog en is van toepassing op oorlewendes wat van die gestorwe SSC-lid afhanklik was, of aan die lid indien hy of sy aftree of permanent gestremd raak.

In 2019 het die SSC sowat N$3,6 miljoen aan die uitbetaling van sterftevoordele bestee, bykans N$4 miljoen op verloftoelae en meer as N$32,3 miljoen op kraamtoelae.

Die SSC vorder kraam-, siekte- en sterftefondsbydraes van 1,8% van basiese salarisse in – 50% vanaf betrokke werkgewers, en die ander helfte vanaf werknemers. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 37° Rundu: 22° | 38° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 21° | 36° Omaruru: 20° | 38° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 18° | 34° Henties Bay: 14° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 18° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 17° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 14° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 7° | 24° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 30° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!