Hoe arm is Namibië 32 jaar later?
Kenners weeg in
Duisende Namibiërs se daaglikse lewens word deur armoede geraak, en kenners op die gebied is bekommerd dat die kwessie nie met die nodige dringendheid benader word nie.
Kenners is dit eens dat alhoewel noemenswaardige verbeterings sedert onafhanklikwording plaasgevind het om Namibiërs – insluitend die mees verarmdes – te bematig, bly armoede ‘n wydverspreide en verergerende krisis.
“Dis ‘n krisis,” het Rinaani Musutua, woordvoerder van die Basiese Inkomstetoelaag (BIG)-koalisie, in Februarie by die vrystelling van die bevindinge van die Afrobarometer-opname oor armoede gesê.
“Armoede, wanvoeding, al hierdie dinge het ‘n krisis geword, en ons moet dadelik ingryp. Ons kan nie wag vir vyf jaar, of hoe lank dit ook al neem, om die ekonomiese strukturele veranderinge aan te bring om werksgeleenthede te verseker nie.”
Herbert Jauch, ‘n arbeidsnavorser by die Economic and Social Justice Trust, het verduidelik opnames van die omvang van armoede is nou moeiliker in vergelyking met 32 jaar gelede. Dit is weens ‘n gebrek aan data, en verskillende maniere waarop armoede gemeet word.
Jauch het egter gesê ‘n 1991-verslag deur die Wêreldbank het bevind dat armoede destyds uiters wydverspreid was in Namibië, veral in landelike gebiede.
Verskeie veranderinge aan diskriminerende wette, en die instelling van arbeidsregte, openbare onderwys en gesondheidsdienste, maatskaplike toelaes en meer “het beslis bygedra tot die vermindering van armoede,” het hy gesê.
Nietemin beïnvloed armoede die daaglikse lewens van duisende Namibiërs, en kenners op die gebied is bekommerd dat die kwessie nie met die nodige dringendheid benader word nie.
GEEN MOEITE
Omu Kakujaha-Matundu, senior ekonomie-dosent aan die Universiteit van Namibië (Unam), stem saam dat daar aansienlike vordering sedert 1990 gemaak is, veral wat die verskaffing van dienste soos veilige drinkwater, behuising, onderwys en meer betref. Maar hy het bygevoeg “wydverspreide armoede is steeds ’n werklikheid”.
Jauch het gesê terwyl debatte aan die gang is oor die mees akkurate skattings van die omvang van armoede in Namibië, “bestaan daar geen twyfel dat armoede wydverspreid is en dat dit gedurende die afgelope twee jaar van die Covid-19-pandemie vererger het nie”.
Hy het bygevoeg: “Tot dusver het die regering geen toewyding getoon om hierdie krisis direk te takel nie.”
Kakujaha-Matundu voer aan ondanks die feit dat armoede as ‘n krisis erken word, “is daar glad nie ‘n dringendheid” om dit aan te roer nie.
“Die neo-liberale stelsel wat Namibië aanvaar het, skep nie ruimte vir enige betekenisvolle herstrukturering van die ekonomie nie. En sonder betekenisvolle transformasie en herverdelingsbeleide sal Namibië nie in staat wees om armoede en sy gepaardgaande kwessies sinvol te bowe te kom nie.”
Hy het gewaarsku sonder doelbewuste en doeltreffende ingrypings kan “net die verdieping van vlakke van armoede en toenemende ongelykheid” verwag word.
DAKLOOS
Anna Muller, die nasionale koördineerder van Namibië se behuisingsaksiegroep (NHAG) wat hand-aan-hand met die nieregeringsorganisasie Shack Dwellers Federation of Namibia werk, het gesê terwyl geleenthede vir meer Namibiërs ná onafhanklikwording toegeneem het, het “burokrasie en reëls terselfdertyd strenger geword en talle Namibiërs sukkel om die pot aan die kook te hou”.
Sy het gesê Namibië se behuisingskrisis is ‘n uitstekende voorbeeld hiervan.
“Stedelike armoede is sigbaar in die teenwoordigheid van duisende informele nedersettings in Namibië.”
Die mees onlangse konsepdokument van die hersiene nasionale behuisingsbeleid van 2022, lui: “Vandag het ongeveer 50% van Namibië se bevolking steeds geen toegang tot voldoende sanitasiegeriewe nie; en sowat 66% van Namibië se stedelike bevolking woon in informele nedersettings.”
Die dokument beklemtoon dat voorlopige skattings toon daar is ‘n jaarlikse behoefte van ongeveer 30 000 behuisingseenhede, en waarsku “teen 2050 sal Namibië se stedelike bevolking alleen sy huidige algehele bevolking oorskry”.
Die dokument lig uit dat “88% van huishoudings ‘n maandelikse huishoudelike inkomste van minder as N$10 000 verdien, en selfs werknemers in Namibië se staatsdienssektor wat as middelinkomste-verbruikers beskou word, insluitend verpleegsters, onderwysers, polisiebeamptes en militêre personeel, ondervind probleme met toegang tot voldoende behuising”.
Na raming het slegs sowat 2% van huishoudings ‘n maandelikse inkomste meer as N$20 000, wat nie ‘n waarborg is om die mediaan-huisprys te kan bekostig nie.
Die konsepdokument wys verder daarop dat die kwesbaarstes in Namibië se arbeidsmag, insluitend huiswerkers, veiligheidswagte en konstruksiewerkers, sowel as diegene wat in die informele sektor werk, “baie verder verwyderd is van toegang tot voldoende behuising”.
In 2021, ná die Multidimensionele Armoede-indeks (MPI) se data vir Namibië vrygestel is, het die ekonoom John Steytler geskryf “een van die belangrikste faktore van armoede is die gebrek aan ordentlike behuising en sanitasie. Dit dien as ‘n dryfveer vir soveel armoede-aanwysers”.
INNOVASIE
Volgens die indeks leef meer as 43,3% van Namibië se bevolking steeds in multidimensionele armoede.
Muller het gesê hoewel sommige plaaslike owerhede innoverende maniere verwelkom het om toegang tot bekostigbare grond vir behuising aan lae-inkomstegesinne moontlik te maak, gaan die Windhoekse munisipaliteit (CoW) voort om dié neiging te kortwiek.
Sy het gesê die grootste stedelike munisipaliteit “vind dit baie moeilik om die skaal van diegene wat grond en behuising benodig, te ondersteun. Die visier bly op konvensionele individualisering en betroubare grond- en skuilingsoplossings, wat middelklas voorstedelike ontwikkeling tipeer”.
Sy het gesê die meerderheid Namibiërs vind dit moeilik om toegang tot banklenings, veral vir behuising, te kry, en as sodanig, sonder alternatiewe, “word duisende huishoudings waarvan die meerderheid in die kategorieë van lae-inkomste- of ultra-lae-inkomste val, geleenthede geweier om hul eie grond te ontwikkel.”
Muller het ook gewaarsku diegene wat ‘n bestaan maak in die informele sektor, word dikwels van geleenthede uitgesluit en “agtergelaat”.
GEEN DAAGLIKSE BROOD
Die 2021 Afrobarometer-opname in Namibië, wat in Februarie 2022 van stapel gestuur is, het ‘n toename in voedsel- en finansiële onsekerheid vir baie Namibiërs aangedui, sowel as werkloosheid onder die jeug.
Oor die kwessie van voedselsekerheid het 24% gesê hulle kon in 2021 “altyd of baie keer” nie toegang tot voedsel kry nie, vergeleke met 6% in 2014, 10% van Namibiërs in 2017 en 13% in 2019.
Die Afrobarometer-opname het ook bevind dat 64% van die respondente in 2021 gesê het hulle moes ten minste een keer gedurende die jaar sonder kos klaarkom, vergeleke met 43% in 2014, 47% in 2017 en 59% in 2019.
Die impak van armoede op individue, hul gesinne en die land in die algemeen strek wyd.
In sy 2021-rubriek getiteld “The high cost of being poor”, het Steytler geskryf mense wat in arm omstandighede leef, staar daagliks verskeie struikelblokke in die gesig.
“Arm mense kan baie verskillende vorme van ontbering gelyktydig ervaar, soos swak gesondheid, ‘n gebrek aan onderrig, onsekerheid of lae lewenstandaarde.”
Jauch het benadruk die impak van armoede is “onmiddellik en vernietigend”.
“Ekonomiese regte is menseregte en die gebrek aan basiese dienste, geriewe en goedere is ‘n menseregteskending. Dit ondermyn en vernietig die reg op menswaardigheid.”
Armoede hou nie net gevolge vir die armes in nie, maar vir die hele land, het Jauch gesê.
“Armoede en ongelykheid vernietig die maatskaplike samehorigheid van die samelewing. Die huidige armoedekwessie, wat so baie Namibiërs in die gesig staar, ontneem hulle nie net van ‘n kans om in hul basiese behoeftes te voorsien nie, maar beroof hulle ook van die hoop op ‘n beter toekoms.”
Steytler het verlede jaar gesê: “Wanneer die armstes van die armes uit armoede gelig word, laat dit die res van die samelewing ook toe om op te staan en te floreer.”
Jauch het gesê om Namibiërs van “die boeie van armoede te bevry ... sal ook die perverse vlakke van ongelykheid wat ons rondom ons ervaar, verminder”.
PAD VORENTOE
Jauch en Musutua voer aan daar is duidelike bewyse dat ‘n universele basiese inkomstetoelaag die betroubaarste manier is om wanvoeding en akute kontanttekorte op ‘n dringende basis te verminder.
“Die mees doeltreffende en omvattende benadering is die bekendstelling van ‘n universele BIG, want dit sal ‘niemand agterlaat’ nie, soos ons president eenkeer as sy doel gestel het,” het Jauch gesê.
Hy het gesê die BIG-koalisie het ander genooi om alternatiewe voor te stel, “maar tot dusver kon geeneen van BIG se kritici ‘n beter voorstel maak nie. BIG is dus steeds absoluut noodsaaklik om erge armoede hok te slaan”.
Die Basiese Inkomstetoelaag-koalisie het gevra vir ‘n universele maandelikse toelaag van N$500 vir alle Namibiërs tussen die ouderdomme van 18 en 65. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie