Hond doodgeslaan met stok
Video versprei op sosiale media
'n Vrou het na bewering die hond gekoop om te eet en sy het die mans gehuur om hom dood te slaan.
In ’n video wat aan die einde van Julie in die sosiale media versprei is, wys hoe ’n man ’n hond op Lüderitz met ’n stok doodgeslaan.
Die voorval het op Woensdag 19 Julie langs ’n vullishouer in die Benguela-woonbuurt plaasgevind.
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Lüderitz het op 21 Julie ’n strafregtelike saak teen die man aanhangig gemaak. Nóg twee mans wat gehelp het om die hond in ’n sak te gooi en weg te dra, word by die saak betrek.
Een van die mans het in die video die laaste paar houe toegedien toe die eerste man gaan sit het.
’n Vrou het na bewering die hond gekoop om te eet en sy het die mans gehuur om hom dood te slaan. Volgens gemeenskapslede was sy dié dag teenwoordig.
Fabienne Looser van die DBV sê sy het onmiddellik ’n saak aanhangig gemaak.
“Ek het ’n saak van dieremishandeling teen die man geopen omdat ek weet jy mag geen dier martel en wreed doodmaak nie.
“Ek het die video’s vir die polisie-inspekteur gewys en hy het gesê as ek die persoon wat die video geneem het kan kry om dit te bevestig, sal hy die man nog dieselfde dag in hegtenis neem.
“Ek het die persoon gevind en die persoon was bereid om te getuig die video is eg en dat dit wel ’n hond was wat doodgeslaan is. Van daar af het nog niks verder gebeur nie. Niks nie, niemand is in hegtenis geneem nie alhoewel ’n saak geopen is.”
Die inspekteur het glo later vir haar gesê hy het met iemand by die hof gepraat wat gesê het dat daar niks van die saak sal kom nie, aangesien die hond vermoedelik doodgeslaan is om te eet.
“Die gemeenskap van Lüderitz is baie klein en almal ken almal. Die DBV ontvang nog steeds boodskappe wat inligting oor die vrou en die man se doen en late verskaf. Gemeenskapslede vra ons die heeltyd wanneer gaan iets gebeur? Ek het geen antwoorde vir hulle nie. Die saak is nou by die hof en hulle moet besluit of hulle ’n lasbrief vir arrestasie sal uitreik.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie