Christo Brand's Labrador Chrissie during happier days at dog school. Photo: Christo Brand
Christo Brand's Labrador Chrissie during happier days at dog school. Photo: Christo Brand

Honde glo mishandel by dierekliniek

Frank Steffen,Tanja Bause,Frank Steffen,Tanja Bause
Frank Steffen – ’n Honde-eienaar en kliënt van die Windhoek Veterinary Clinic (WVC) het ’n ernstige aantyging van dieremishandeling teen die kliniek gemaak.

Christo Brandt voer aan dat die kombinasie van mishandeling deur die kliniek se personeel tesame met die gebruik van verdowing, wat teenstrydig is met ’n opdrag wat hy gegee het, tot die dood van sy geliefde labrador ’n maand later gelei het.

Brandt het gevolglik glo ’n klag van dieremishandeling (CR/30/09/2023) teen die kliniek aanhangig gemaak.

Dr. Sias Cloete van die WVC sê hulle ondersoek tans drie afsonderlike sake, wat nie almal verband hou met onbehoorlike gedrag nie.

Die kliniek het in ’n openbare verklaring gesê: “Ons, die Windhoek Veterinary Clinic, het onlangs bewus geword van kommer wat uitgespreek is oor die behandeling van twee honde by ons versorgingsalon. Ons neem dit ernstig op en is daartoe verbind om die kwessie met deursigtigheid en verantwoordelikheid te takel.

“Ons keur nie die manier waarop die diere behandel is goed nie, ook nie sulke gedrag nie. Die betrokke personeellede is gevolglik geskors en dissiplinêre prosedures is ingestel.”

Intussen sê Brandt die saak is nog lank nie verby nie. Hy het videomateriaal aan Namibia Media Holdings (NMH), wat hy glo van die WVC gekry het, aangestuur waarin die opname na bewering wys hoe honde (waarvan hy glo een sy labrador is) genadeloos rondgestoor, rondgetrek en met haardroërs geslaan word.

Nadat hy by die WVC aangekom het om sy hond te gaan haal, sê Brandt dat hy ’n hond wat glo ’n hartaanval by die kliniek gehad het moes versorg. Sy hond is ’n maand later dood.

Die volgende stappe sal in die volgende paar dae duidelik word. Die saak sal heel waarskynlik nie net deur die Veeartsenykundige Raad van Namibië (VCN) aangehoor word nie, maar kan ’n draai in die hof maak. Dit nadat die kliniek voorheen – deur sy prokureur – glo ’n brief aan Brandt gestuur het waarin hy opdrag gekry het om op te hou om die kliniek se reputasie skade te berokken, veral nadat hy die voorval en daaropvolgende bevindings op die internet geplaas het. Brandt raadpleeg intussen sy prokureurs.

Volgens dr. Janneke Kirchner, die registrateur van die VCN, kan sy in dié stadium geen kommentaar lewer nie aangesien Brandt die volledige stel bewerings aan die WVC gestuur het, en die kliniek tans 30 dae het om te reageer.

“Sodra albei partye hul argumente ingedien het, sal ’n komitee aangestel word om die saak te ondersoek, wat kan lei tot ’n dissiplinêre verhoor of uiteindelik afgekeur kan word op grond van onvoldoende of irrelevante bewyse. Maar die bevinding moet nog bemaak word,” het Kirchner gesê, wat die publiek verseker het dat die wet redelik duidelik is oor wat aanvaarbaar is of nie, in terme van onprofessionele of skandelike gedrag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!