Honderde duisende kinders geraak deur rituele moorde
Afrika se ‘versteekte skaamte'
Kinders wat in armoede leef, die wat met gestremdhede saamleef en kinders sonder ouerlike sorg, is ook meer kwesbaar en uitgelewer.
Honderde duisende kinders in Afrika word jaarliks geraak deur beskuldigings van heksery, rituele moorde, verminking om liggaamsdele vir magiese medisyne te oes, deur hul ouers vermoor, sowel as mishandel in die geloof dat hulle van bose geeste gered moet word.
Hekseryverwante geweld teen kinders is ’n versteekte misdaad, sê die verslag “Uncovering Our Hidden Shame”, met aanvalle wat dikwels binne ’n geslote kring van mense geheim gehou word.
Die rede is hoofsaaklik omdat die oortreders van die geweld dikwels by of naby die kinders leef, insluitend familielede, bure en vriende.
Die verslag deur African Child Policy Forum (ACPF), sê regerings is ook geneig om dié vorms van geweld te ontken of om die verslaggewing daaroor te onderdruk omdat dit “te kommerwekkend, ongemaklik of stigmatiserend is om te konfronteer”.
Dit maan kinders wat van heksery beskuldig word, staar wydverspreide diskriminasie, stigma en uitsluiting in die gesig en word verwaarloos deur diegene wat hulle moet versorg. Baie meld uit vrees vir verdere vergelding nie die misdade by owerhede aan nie, wat oortreders sonder enige straf en slagoffers sonder enige geregtigheid laat.
Kinders wat in armoede leef, die wat met gestremdhede saamleef en kinders sonder ouerlike sorg, is ook meer kwesbaar en uitgelewer aan gemeenskappe se vrese van onsigbare magte en spirituele entiteite en/of die optrede van beginsellose individue wat verryking deur onwettige, “magiese maniere” soek.
“Die verhoogde risiko vir dié wat reeds onder die mees kwesbare in hul gemeenskappe is, dra tot selfs ’n groter dringendheid by tot die oproep vir ’n dringende, gekoördineerde en sistemiese reaksie,” sê die verslag.
Dit verwys na ses lande waar gevalle van rituele kindermoord, 11 lande met rituele aanvalle teen kinders wat met gestremdhede saamleef, vyf lande met aanvalle op kinders met albinisme en sewe lande met gevalle van geweld teen kinders aangeteken wat van heksery beskuldig is.
Volgens die ACPF se uitvoerende direkteur, dr. Joan Nyanyuki, het dié tipe vorms van geweld ’n uiters ernstige en dikwels dodelike impak op kinders.
Nyanyuki sê dit gebeur binne families en gemeenskappe en is in geheimhouding gehul wat dit een van die mees ontwykende vorme van geweld teen kinders maak.
Die verslag maan beskuldigings van heksery teen kinders is baie meer kompleks as net die uiterste geweld wat dikwels deel van die rituele aanvalle vorm.
Hoewel daar ’n algemene eensgesindheid onder die publiek en gemeenskappe is dat die moord en verminking van onskuldige kinders ’n misdaad is, geld die beginsel egter nie vir dié wat van heksery beskuldig word nie en van wie geglo word hulle besit geheime, onsigbare magte om ander skade aan te doen nie.
Die gevolg is ’n geloof dat dié mense geïdentifiseer en gestraf moet word, selfs al is hulle kinders. Die verslag beskou beskuldigings van heksery as ’n vorm van kindermishandeling, met regerings wat die beskerming van kinders teen heksery en rituele deel van hul stelsels vir kinderbeskerming moet maak.
Met verwysing na vervolging, sê die verslag min meld die gevalle aan en is sommige regstelsels reeds onderontwikkel met min hulpbronne en reeds te veel ander sake om hieraan aandag te gee.
Arm, kwesbare mense het dikwels ook nie toegang tot die regstelsel nie. Die verslag maak dit duidelik dat wetgewing alleen ondoeltreffend is om te verhoed dat mense, insluitend kinders, beskuldig word van iets wat vir die meeste Afrikane ’n gruwelike misdaad is.
Die uitdaging is daarom om maniere te vind om kinderbeskermingstelsels te ontwerp wat oorweging skenk aan die skade wat deur beskuldigings van heksery veroorsaak word en sonder om gemeenskappe se neiging om heksery te beskou as ’n bestaande bedreiging, verder aan te vuur.
Wette teen heksery moet ook hersien word om spesifiek beskuldigings teen kinders as onwettig te verklaar, terwyl strawwe vir die misdaad verhoog moet word.
“Die uitdaging is om aan te dring dat kinders, wat ook al die vrese van die een wat hulle beskuldig, nie van boosheid beskuldig mag word nie. Hulle moet eerder teen die bose beskerm word en teen die risiko van enige skade wat hulle aangedoen kan word.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie