Hulp het van alle oorde ingestroom nadat riethuise by Aussenkehr in ’n brand verwoes is. Foto Facebook/OPM
Hulp het van alle oorde ingestroom nadat riethuise by Aussenkehr in ’n brand verwoes is. Foto Facebook/OPM

Hulp stroom in ná Aussenkehr-brand

Francoise Steynberg
Hulp het ingestroom en tot die redding van gemeenskappe van Aussenkehr langs die Oranjerivier gekom nadat tientalle riethuise op 11 September deur ’n brand verwoes is en inwoners dakloos gelaat het.

Pas ná die brand het die Namibiese polisie gesê daar is vermoedelik 72 riethuise verwoes en geraakte gemeenskapslede het al hul besittings soos dokumente, kos, klere, komberse en matrasse verloor. Geen sterftes of ernstige beserings is weens die brand aangemeld nie wat volgens die kantoor van die eerste minister (OPM) 30 riethuise was

Dit is tussen Oktober en Desember oestyd vir tafeldruiweplase by Aussenkehr langs die Oranjerivier waar seisoenale werkers tafeldruiwe oes.

Die geraakte gemeenskappe het sewe tente, 75 matrasse en komberse, 75 bottels kookolie en 20 kg-sakke mieliemeel elk, 360 blikke vis en 180 sakkies sojamaalvleis van die regering deur die OPM ontvang.

“Ons harte gaan uit na die geraakte families. Ons prys die ondersteuning van barmhartige Samaritane wat voortgaan om die regering halfpad te ontmoet om verligting aan die geraakte slagoffers te bied,” het die uitvoerende direkteur in die OPM, I-Ben Nashandi, gesê.

Volgens die Namibia Grape Growers Company (NGGC) het talle maatskappye langs die Oranjerivier hul werknemers gehelp wat deur die brand geraak is.

Carien Goosen van die Aussenkehr Village Foundation het Vrydag aan Network Media Hub (NMH) gesê hulle het gehelp om die brandtoneel te help opruim en skoonmaak.

Volgens haar het talle maatskappye hul werkers met boumateriaal en voedselkoeponne gehelp en die nedersettingsraad het verlede Saterdag kos uitgedeel.

Goosen sê die stigting het geld van barmhartige Samaritane ontvang en sal skoolkinders van werkers help, asook diegene wat nog nie deur maatskappye gehelp is nie.

Volgens die Namibië Akkerbouraad het die land se uitvoer van tafeldruiwe met 19% toegeneem en ’n waarde van N$1,7 miljard gedurende die laaste oesseisoen bereik met 9,3 miljoen kartonne (4,5 kg per karton) tafeldruiwe wat uitgevoer is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!