Hulp vir organisasie wat ma’s bystaan
Ontvang skenking van instansies
Me. Elodine Cloete-Sacco vertel 'n persoonlike ervaring het haar aangespoor om die Rehoboth Mommies in Need-organisasie te begin.
Me. Elodine Cloete-Sacco het die Rehoboth Mommies in Need-organisasie op die been gebring nadat sy besef het daar is baie vroue wat hulp nodig het om hul kinders te versorg. Die organisasie samel noodsaaklikhede soos doeke, sanitêre doekies en ander higiëniese produkte in, wat hulle dan van deur tot deur in Rehoboth versprei.
Die afgelope Vrydag was dit egter húlle beurt om dié benodighede en meer te ontvang. ‘n Vennootskap, wat aangevuur word deur ’n begeerte om te sien hoe gemeenskappe uit armoede gehelp word, is gevorm tussen die Rob Youth Foundation (RYF), Charitree, SBS Trucking en Wutow Trading – wat saam benodighede identifiseer en aan persone in nood lewer. Rehoboth Mommies in Need was geen uitsondering nie en hulle het ‘n skenking van items soos sop, speserye en higiëniese produkte ontvang.
“Ons ontvang produkte en goedere van barmhartige Samaritane en lewer oral in Rehoboth af. Ek gebruik ‘n taxi om af te lewer. Ons begunstigdes vind ons aanlyn en ons help op ons beurt op enige manier wat ons kan op die gegewe tydstip,” vertel Cloete-Sacco.
Sy sê hulle het tans geen vaste werksentrum nie en alles word aanlyn gedoen, hetsy op Facebook, Telegram, WhatsApp of Instagram. Daar is ses vaste begunstigdes wat die noodsaaklike items maandeliks ontvang, waaronder twee tienerma's.
“Die jongste is twee 16-jariges wat verlede jaar geboorte geskenk het. Die vermeende pa’s van hul kinders ontken dat hulle die pa’s is, so daar is ‘n gebrek aan ondersteuning in daardie opsig. So ons lewer by hulle af en die positiewe ding is dat hulle nou weer terug is by die skool en besig is met hul graad 11-jaar,” het sy verduidelik.
Sy vertel ‘n persoonlike ervaring het haar aangespoor om die organisasie te begin.
“Ek was eens ‘n Rehoboth-mamma in nood en ‘n barmhartige Samaritaan het my gehelp. Dit was verootmoedigend en het my geïnspireer om ook ander mense te help. Ek het twee kinders – my dogter is ses en my seun is drie. Toe my dogter ‘n baba was, het ek niks vir doeke gehad nie, so ek moes haar in lappe toedraai. Dit is waardeur baie van hierdie moeders elke dag gaan en met hierdie skenking hoop ons om vele meer te help!”
“Dis ‘n goeie inisiatief wat die minderbevoorregtes help en weer eens is ons bly om ‘n rol – hoe klein dit ook al mag wees – in mense se lewens te speel,” het SBS Trucking se finansiële hoof, mnr. Remembrance Chiremba, tydens die oorhandiging gesê. SBS trucking lewer die produkte en goedere gratis af.
Me. Natalia Augustinus, RYF-bestuurder in die Erongostreek, het op haar beurt gesê: “Ek het net lof vir wat Elodine doen en haar hulp gaan nie ongesiens verby in haar gemeenskap – en hopelik die land – nie. Vir ons stigting is dit ‘n kritieke komponent van ontwikkeling dat ‘n kind behoorlik en met waardigheid gevoed word. Dit sluit aan by ons pogings om nie net jong meisies te help nie, maar ook by te dra tot die bewusmaking van geslagswanbalans in ons samelewing.”
Charitree se mnr. Hennie Kruger het beklemtoon die ondersteuning van moeders is ‘n deurslaggewende komponent in die bou van die toekomstige samelewing.
“Ma’s is die ruggraat van enige gesin! Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie; vroue trek soms aan die kortste end en vind tog die krag om aan te gaan – ware vegters!”
Cloete-Sacco het gesê die skenkings gaan verpak en onder begunstigdes versprei word.
“Die uiteindelike doel is om ‘n veilige hawe te skep vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld. As ‘n man sy vrou of meisie slaan, waarheen moet sy gaan as daar geen ander heenkome is nie? As die probleem nie dringend getakel word nie, sal sy noodgedwonge teruggaan na die plek van mishandeling, wat nie net sleg is vir haar geestesgesondheid nie, maar fisiek gevaarlik vir haar gesondheid kan wees. Ons weet daar is moordenaars daar buite en 'n argument kan maklik handuit ruk. Ons het dus veilige plekke vir slagoffers nodig, of dit nou kinders of vroue is.”
Rehoboth Mommies in Need bestuur ook ‘n sopkombuis wat die jaar oue Acacia Primêre Skool bystaan, en hulle berei ook maaltye voor wat van tyd tot tyd by hul begunstigdes afgelewer word. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie