Inwoners kla oor Havana'rot'

Mariud Ngula
Mariud Ngula - Inwoners van die Havana-informele nedersetting in Windhoek het die munisipaliateit daarvan beskuldig dat dit sedert 2016 misluk het om die nedersetting ten volle van water, krag en rioolstelsels te voorsien. Die inwoners beweer die munisipaliteit het in die plek daarvan die ongedienste gedeelte van die grond hernoem na Havana Proper Extended 3 en beloof om dit te diens en wat tot op hede nog nie gebeur het nie.

John Iileka, die sekretaris van die woonbuurtkomitee, sê inwoners het verlede jaar op 6 Desember met die stadsvaders vergader. Tydens die ontmoeting het Faniel Maanda, die bestuurder vir menslike nedersettings, die uitvoerende hoof Moses Matyayi die versekering gegee dat “die munisipaliteit die grond in Januarie sal begin diens”. Daar is egter ten spyte van verskeie opvolgbriewe deur die inwoners geen kommunikasie in Januarie aan die kant van die inwoners nie.

“Toe ons uiteindelik op 6 Mei ‘n reaksie ontvang dat die uitleg van onderverdeelde erwe voltooi en onder oorweging is, het Maanda nooit die finale besluit bekendgemaak wat vir 27 Junie beplan is nie,” sê Iileka.

Aan die inwoners is gesê dat Maanda die voorstel aan die raad vir finale goedkeuring sou voorlê, met die besluit wat op 27 Junie geneem sou word.

Inwoners is gefrustreerd dat hul bure dienste soos water, krag en spoeltoilette het, terwyl hulle gedwing word om puttoilette te gebruik wat nie kan spoel nie.

Volgens ‘n inwoner stink die puttoilette geweldig en raak dit vol en moet leeggemaak. Inwoners is genoodsaak om dit self leeg te maak omdat Stad Windhoek se werkers vir die bestuur van vaste afval weinig die nedersetting besoek.

“Ons het hulle nog net een keer die jaar gesien,” het sy gesê.

Nog ‘n inwoner, ‘n 63-jarige pensioenaris, wil dit voorkom asof daar korrupsie met die toekenning van erwe is.

“Ek het mense gesien wat uit hul huise hervestig word vir die grond om gediens te word, net vir die grond om aan iemand anders gegee te word wanneer dit klaar is. Ek het drie kinders wat skoolgaan. Wat is ek veronderstel om vir hulle te los?,” het hy gevra.

Iileka glo die geld wat aanvanklik bedoel was om die gebied te diens, is verduister.

“Dit wil voorkom as die geld wat gebruik is om die hele nedersetting te diens en ingesluit die gebied wat die munisipaliteit nou Havana Proper Extended 3 noem, is verduister,” het hy beweer.

“Die munisipaliteit probeer om dit toe te smeer en verwys nou na dit as ‘n uitgebreide nedersetting. Dit is nooit uitgebrei nie, ons was nog altyd net een. Soos die Fishrot-skandaal, is hierdie die Havana’rot’.”

Die munisipaliteit se woordvoerder Lydia Amutenya het in reaksie verduidelik “wanneer ons gebiede formaliseer, doen ons dit in fases. Om egter te verhoed dat ons die kwessie veralgemeen, stuur ‘n e-pos sodat ek Maandag met beamptes kan konsulteer. Ek sal eers dan ‘n omvattende antwoord kan gee,” het Amutenya by navraag gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!