Kinderregte is super-regte
Nuwe kinderadvokaat bekend gestel
Die Ombudsman se kantoor het sy superheld-bemarkingsveldtog afgeskop om kinders van hul regte bewus te maak.
“My regte, my supermagte,” is die tema van die kantoor van die ombudsman se veldtog om kinderregte in Namibië te bevorder.
Dit behels ’n reeks geanimeerde snitte en ’n advertensie van 90 sekondes om kykers van die nasionale uitsaaier se TV-stasies in te lig oor die regte van kinders wat grondwetlik in Namibië van krag is.
Veral die geanimeerde reeks is gemik op kinders en gebruik uitbeeldings van superhelde om konsepte soos die reg tot verteenwoordiging, die reg tot veiligheid, reg tot onderwys en tot oorlewing tuis te bring.
By die aankondiging op 28 September, amptelike Dag van die Namibiese Kind, het die ombudsman adv. Basilius Dyakugha gesê kinders is ’n spesiale klas van kwesbare burgers wat spesiale beskerming benodig.
Die algemene welsyn van kinders is van uiterste belang. Namibië is ’n jeugdige land en soos superhelde moet die grootste deel van die bevolking ook verantwoordelikheid met hul regte opneem, sê hy.
“Die wêreld en jul ouers is julle werklik niks verskuldig nie; inteendeel vra Namibië iets van julle af, en julle skuld die wêreld baie, vernaam om die wêreld van klimaatsverandering en hongersnood te red. Die planeet is in die moeilikheid, en net julle kan dit red. Julle moet, omdat julle ook langer as ek sal lewe,” het hy aan die teenwoordige kinders gesê.
“Afrika was nog altyd deur die jeug gered,” voeg hy by.
Ingevolge die Wet op Kindersorg en Beskerming, nommer 3 van 2015, is die kinderkantoor in die kantoor van die ombudsman gevestig. Dit is waar jong mense hulp kan soek as hul regte geskend word.
Adv. Heather Harker is as die opvolger as kinderadvokaat vir die kantoor bekend gestel. Amptelik neem sy op 1 Oktober van adv. Ingrid Husselmann oor. Harker word Namibië se derde kinderadvokaat, nadat me. Ingrid Cupido aanvanklik die rol volgestaan het.
Mnr. Neville Ndoli, speaker vir die kinderparlement, sê meer moet van die dag van die Namibiese kind gemaak word. Hy prys die ombudsman se kantoor vir hul poging om die boodskap oor regte vir kinders eenvoudig verstaanbaar te maak. Hy het die nuwe kinderadvokaat aangemoedig om aan te hou om kennis oor die regte van kinders te bevorder en om vir kinderregte te veg.
Ook by die geleentheid was van
Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie was behulpsaam met die vervaardiging van die veldtog se bemarkingsmateriaal. Die uitvoerende direkteur, dr. Audrin Mathe, sê Namibië het deur die konvensie op kinderregte aan die wêreld belowe om die land se kinders te respekteer, te beskerm en hul regte te bevorder.
“Ons nasie het beloof om die beste ontwikkeling van elke kind te verseker. As die ekonomiese, openbare, kulture, politieke en siviele regte van elke kind voldoende bewaar word, sal elke kind ook hul reg tot oorlewing en ontwikkeling realiseer,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie