Ma van 10 se hulpkreet
Voel asof regering hulle agterlaat
Namate die nood van Tuvetuile Kakothi se gesin toeneem, het sy 'n pleidooi aan die regering gerig om tot hul redding te kom.
Enzo Amuele op Ombyakati
As ’n werklose ma van 10 sukkel die 46-jarige Tuvetuile Kakothi om die pot aan die kook te hou.
Namate haar gesin se nood toeneem, het sy ’n pleidooi aan die regering gerig om tot hul redding te kom.
Kakothi, oorspronklik van die dorp Ombyakati in die Omusatistreek se Ruacana-kiesafdeling, sê anders as ander Namibiërs wat bevoorreg genoeg was om werk te kry, het sy nog nooit werk gehad nie en grootgeword as ’n bok- en beeswagter.
“Ek weet nie hoe dit voel om ’n werk te hê nie. Ek het my hele lewe lank net los werkies gedoen,” het sy vertel.
Kakothi sê toe sy na Ombyakati verhuis het, was dit nog tydens apartheid, en sy is geslaan en het steeds die letsels.
Met trane in haar oë voeg sy by hulle het nie genoeg reën gekry nie en sal nog ’n jaar van armoede moet trotseer.
“Ons mahanguvelde is dood. Daar is geen reën nie, ons leef werklik in armoede.”
AGT MONDE, EEN PENSIOEN
Sy deel tans ’n woning met sewe ander mense, en hulle is almal afhanklik van haar ma se pensioen.
“Ons oorleef op my ma se pensioentoelae, maar dit is nie genoeg nie,” het sy gesê.
Een van Kakothi se kinders is ingeskryf by die Universiteit van Namibië (Unam), waar sy ’n diploma in onderwys volg.
“Ek verkoop my hoenders hier en daar sodat ek vir my kind geld kan stuur. Gelukkig kon sy ’n lening verkry wat haar help om te oorleef,” het Kakothi gesê.
Volgens die ma van 10 het hulle nie ’n kraan by die huis nie en moet hulle water gaan haal by naburige gesinne wat toegang tot lopende water het.
VERGETE
Andreas Ndeapo, ’n gemeenskapslid en oorlogsveteraan, het Kakothi se sentimente beaam en bygevoeg die dorpie ly dors omdat die water reeds vir meer as twee maande afgesny is.
Hy het gesê hulle voel asof die regering hulle agtergelaat en van hulle vergeet het.
“Ek het vir hierdie land geveg en vandag word ons behandel asof ons niks is nie. Die veteraangeld wat ek ontvang, is nie genoeg om my en my gesin te onderhou nie,” het hy benadruk.
Hy het bygevoeg hy hoop die waterkwessie sal binnekort opgelos word en dat die regering hulle dringend sal help.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie