Meld mishandeling van diere nou aanlyn aan

Justice for Animals stel nuwe stelsel bekend
'n Petisie, wat as deel van die #JusticeforDalton-veldtog van stapel gestuur is, het tans ongeveer 7 500 handtekeninge.
Kristien Kruger
Die Justice for Animals-trust het as deel van sy volgehoue pogings om diere te beskerm, onlangs ’n aanlyn stelsel geloods waar die publiek voorvalle van dieremishandeling kan aanmeld.

Mense kan op die insident-gebaseerde aanmeldingstelsel vir die geregtigheid vir diere (JFA IBRS) ’n vorm met besonderhede oor voorvalle van dieremishandeling invul en selfs foto’s verskaf.

“Met hierdie inligting sal wetstoepassers, dierewelsynsorganisasies en ander relevante instansies beter toegerus wees om hul pogings te fokus op sake van dieremishandeling en misdrywe wat daarmee gepaard gaan,” het Suné de Klerk, trustee van Justice for Animals, aan Republikein gesê.

Die publiek kan via Justice for Animals se webtuiste, www.jfa.com.na, toegang tot die stelsel en vorm verkry, onder die afdeling, Report Abuse.

PETISIE

Dit is ook Justice for Animals wat die #JusticeforDalton-veldtog van stapel gestuur het en is die stigters van die petisie met betrekking tot diereregte wat nou ongeveer 7 500 handtekeninge het.

“Ek dink dit is van kardinale belang om te beklemtoon dat die hoofdoel van die veldtog is om bewusmaking te skep en in hierdie geval was dit hoogs suksesvol,” meen De Klerk.

Die trust beoog om 10 000 handtekeninge voor 31 Julie in te vorder wanneer die beskuldigdes – wat Dalton na bewering uit sy erf gesteel, in stukke gesny en gaargemaak het – weer in die landdroshof op Rehoboth verskyn.

REAKSIE OP DBV-UITLATINGS

Die trust het, tesame met die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Swakopmund, Civilian Animal Protection Unit (C.A.P.U.) en N/a’an ku se se teenstropings- en honde-eenheid, in ’n gesamentlike mediaverklaring gereageer op uitlatings deur die bedryfsdirekteur van die DBV in Windhoek, Sylvia Breitenstein.

Breitenstein het glo in ’n onderhoud gesê die DBV het geen probleem met mense wat honde eet nie en dat daar gefokus moet word om mense op te voed om diere op ’n etiese manier te slag.

“Gegewe die erkenning dat diere lewende wesens is, is dit teenstrydig vir enige DBV om die gereelde eet van honde te ondersteun of te fasiliteer.

“So ’n standpunt is in stryd met die kernwaardes van dierebeskerming en -welsyn waarop die DBV-netwerk gegrond is,” lui die verklaring.

Die trust het verder daarop gewys dat Breitenstein en die DBV in Windhoek se mening nie noodwendig die standpunt van al die DBV-takke landswyd weerspieël nie.

“Ten spyte van die gedeelde naam, funksioneer elke DBV op sy eie en ontwikkel sy eie benadering tot diere se welstand op grond van die behoeftes van hul gemeenskap.”

Die trust het verder hul standpunt benadruk dat alle diere, insluitend honde, verdien om met respek, sorg en deernis behandel te word.

“Hierdie oortuiging strek om voorspraak te maak om nie troeteldiere te eet nie en om die publiek te leer oor die emosionele kompleksiteit en behoeftes van hierdie diere.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!