Die hoofhandelaar van Gobabis Toyota, Taati Kamule, saam met die streek se goewerneur, Pijoo Naganate, tydens die oorhandiging van die voertuig. Foto Gobabis Toyota
Die hoofhandelaar van Gobabis Toyota, Taati Kamule, saam met die streek se goewerneur, Pijoo Naganate, tydens die oorhandiging van die voertuig. Foto Gobabis Toyota

Mobiele sopwaentjie vir Omaheke

Tanja Bause
Jemimah Ndebele - Die kantoor van die goewerneur van die Omahekestreek, Pijoo Naganate, die munisipaliteit van Gobabis en die Wêreldvoedselprogram (WFP) het vordering gemaak om die dringende kwessie van wanvoeding in die streek te takel.

Naganate het die streek se ontwikkelingsuitdagings uitgelig, veral die ontstellende toename in sterftes wat verband hou met wanvoeding – met 45 gevalle wat tussen Januarie en Junie vanjaar aangemeld is. Die dringendheid van die situasie het aanleiding gegee tot die besluit om beide kort- en langtermynoplossings te soek.

Die langtermynplan behels ’n landbouprojek van 250 hektaar op Plaas Nuwe Hoop, met die doel om te verseker dat die streek selfversorgend in terme van voedsel kan wees. Hierdie ambisieuse projek het planne vir ’n melkproduksieoord en verwerkingsaanleg ingesluit.

“Vordering is in die projek gemaak, en ’n konsepverslag is saamgestel en wag op finansiering,” het Naganate opgemerk.

In afwagting op finansiering vir die groter landbouinisiatief het die kantoor van die goewerneur met ’n onmiddellike oplossing vorendag gekom – ’n mobiele sopwaentjie. Gobabis Toyota het ’n voertuig vir dié doel geskenk.

Die waentjie het ten doel om kossoorte wat maklik voorberei kan word – soos melk, sop en vetkoekies – uit te deel, wat tydelike verligting aan die betrokke gemeenskappe sal bied. Daarbenewens is die voertuig toegerus met noodsaaklike geriewe soos aluminiumstaanders, rakke en tafels om die voorbereiding van kos te vergemaklik.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!