‘Mylpaal’ in stryd met verkoop van hondevleis

DBV maak sy standpunt duidelik
Die trust wat poog om die slagting van honde te bekamp, beweer hy het nou 'n wetlike basis gevind wat die doodmaak van honde vir kommersiële gebruik, verbied.
Kristien Kruger
“Ons is voorstanders dat honde vriende en nie kos is nie. Hierdie nuutgevonde regsondersteuning versterk ons standpunt.”

So het die Justice for Animals-trust gister in ’n mediaverklaring gesê nadat hulle ’n kennisgewing gevind het wat in Julie 1972 ingevolge die Wet op Dierebeskerming no. 71 van 1962 uitgereik is.

Dié kennisgewing stipuleer dat enige persoon wat ’n hond doodmaak met die doel om die vel, vleis of enige ander deel van sodanige hond vir kommersiële doeleindes te gebruik, skuldig is aan ’n strafregtelike oortreding en is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf van tot ses (6) maande, of beide.

“Hierdie versteekte juweel verbied die doodmaak van honde vir kommersiële gebruik. Dit is ’n stappie vorentoe in ons missie om die welsyn van diere, veral honde, te beskerm,” lui die verklaring.

Volgens die trust het hulle baie navorsing gedoen oor Namibië se wettige raamwerk vir dierebeskerming en was voorheen onder die indruk dat daar geen kennisgewings ingevolge die wet op dierebeskerming uitgereik is nie.

“Toe ons gekonfronteer word met die vraag of dit onwettig is om ’n hond vir verbruiksdoeleindes dood te maak, moes ons toegee dat dit nie onwettig was nie.”

Hoewel die kennisgewing voor Namibië se onafhanklikwording uitgereik is, beweer die trust dat dit steeds vandag nog van krag is in Namibië.

‘ONS KOM VIR JOU’

Die Justice for animals-trust se verklaring eindig met die woorde: “Job, ons kom vir jou.” Dit volg ná ’n video waarin die Affirmative Repositioning (AR)-aktivis Job Amupanda hondevleis eet wat hy by ’n mark gekoop het.

Amupanda het gistermiddag op sy Facebook-blad geplaas: “Sune en julle almal in daardie kaSkumba [groep]. Volgende keer as ek my naam in julle verklaring sien, sal jul almal k**.

“Hulle moet hul dinge bepleit sonder om te dink dat alle swart mense swak is soos plastiekpolitici. Ons sal ons kultuur, kos en standpunte verdedig soos ons goeddink,” het hy gister aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê.

DBV SE STANDPUNT

Na aanleidinig van uitlatings deur die bedryfsdirekteur van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Windhoek, Sylvia Breitenstein, waarin sy gesê het die DBV het geen probleem met mense wat honde eet nie, het die DBV Namibia Maandag in ’n verklaring gesê dat hulle nie die slag van honde vir menslike gebruik ondersteun of goedkeur nie.

Hulle beweer die metodes wat gebruik word om diere te slag, is nie menslik nie en dat dit verskeie gesondheidsrisiko’s inhou.

“Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) waarsku dat die slag en eet van honde gesondheidsrisiko’s vir mense inhou en dit moontlik soönotiese siektes, insluitend trichinellose (dermparasiete en larwes wat in die spiere van die honde voorkom), cholera en hondsdolheid, kan veroorsaak.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!