Social Security Commission. Photo FILE
Social Security Commission. Photo FILE

N$1,7 miljard vir kraamverlof

Mariud Ngula
Statistiek van die Maatskaplike Voorsorgfonds (SCC) toon dat die fonds tussen 2017 en 2023 ’n totaal van N$1,7 miljard aan kraamvoordele uitbetaal het.

Dit is 77% van die totale N$2,2 miljard wat die SSC gedurende dieselfde tydperk aan kraamverlof, sowel as siekverlof, aftrede en sterftevoordele betaal het. Volgens ’n ondersoek deur Republikein se susterkoerant Namibian Sun, is bevind dat N$309 miljoen vir aftrede, N$169 miljoen vir siekverlof en N$75 miljoen in sterftevoordele betaal is.

Met verwysing na kraamverlof het die uitvoerende direkteur van arbeid, werkskepping en nywerheidsbetrekkinge, Lydia Indombo, gesê die Arbeidswet laat vroue toe om nie minder nie as 12 opeenvolgende weke kraamverlof te neem.

Swanger vroue en dié wat borsvoed, is ook geregtig op verlengde kraamverlof soos volgens die instruksies, advies en of bevestiging deur ’n mediese praktisyn.

“Sou dit die geval wees, moet dit gestaaf word deur feitelike bevindinge of uitslae, waarna die ministerie gevolglik saam met sy maatskaplike vennote die kwessie sal bespreek en ’n gesamentlike besluit ten gunste daarvan sal neem, al dan nie,” verduidelik Indombo.

Sy het beklemtoon die ministerie is ten volle bewus van die impak wat kraamverlof in die werkplek het. Sy het bygevoeg swanger vroue en ma’s wat borsvoed is kwesbaar in terme van beroepsgesondheid en wat ’n groot behoefte laat ontstaan om hul welstand en ook dié van hul baba’s te beskerm.

“Dit is om hierdie rede dat die Arbeidswet voorsiening maak vir ’n kraamtydperk tydens die swangerskap, geboorte en ook ná die geboorte, om die welstand van die ma en die kind te verseker.”

Indombo sê kraamverlof bevorder die doeltreffende oordrag van produktiwiteit, maatskaplike geregtigheid en arbeidsregte in die werkplek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!