Nakuta: Hou kinders uit LGBTQ-kwessies
‘Dit is blote manipulasie’
Die ministerie van binnelandse sake se weiering om immigrasiepermitte sonder die groen lig van die ouditeur-generaal uit te reik, is "politieke speletjies'.
Elizabeth Joseph – Die regsgeleerde John Nakuta sê kinders moet ten alle koste beskerm word – veral tydens die huidige LGBTQI-hoërhofsage.
In die saak betwis Friedel Dausab die versoenbaarheid van die gemeenregtelike misdryf van sodomie en verwante oortredings met sy regte kragtens die Namibiese Grondwet.
Nakuta het in ’n onderhoud met ons susterkoerant Namibian Sun verwys na foto’s van ’n onlangse Pride-optog wat op sosiale media die rondte doen en wys hoe ’n jong seun ’n plakkaat vashou wat lui: “Doen weg met die sodomiewet”.
Volgens hom is dit onaanvaarbaar om kinders by hierdie stryd te betrek.
“Natuurlik het diegene wat LGBTQI-ondersteuners is die reg op vryheid van beweging en om te betoog sonder wapens, sonder geweld, soos die Grondwet sê.
“Maar dit is sekerlik nie reg dat ons kinders sal hê wat ons stryd voer nie. Dit is blote manipulasie,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg hy deel sentimente met Namibiërs wat sê “ons kan nie kinders touwys maak in dinge wat hulle waarskynlik nie verstaan nie”.
‘BAKLEI TEEN HAAT’
Lede van die LGBTQI-gemeenskap het verlede naweek aan ’n Pride-optog deur Windhoek deelgeneem.
Die geleentheid was in reaksie op “die oplewing van diskriminasie wat die gemeenskap in die gesig staar na aanleiding van ’n onlangse grensverskuiwende uitspraak van die hooggeregshof”.
Die uitspraak, wat verlede maand gelewer is, verplig die regering om huwelike tussen selfdegeslag-egpare wat in ander lande voltrek is, te erken in terme van Namibië se immigrasiewette. Dit maak Namibië slegs die tweede nasie op die vasteland na Suid-Afrika om dit te doen.
Die besluit het egter ’n openbare herrie ontketen, spesifiek onder kerke en godsdienstige instellings.
Omar van Reenen, die stigter van Equal Namibia, het gesê die optog het ten doel gehad om Pride-maand te vier ná die geweld wat die LGBTQI-gemeenskap onlangs in die gesig gestaar het.
“Homofobie skeur die land uitmekaar. Dit is nie die vrygebore Namibië waarvoor ons geveg het nie.
“As ek die prentjie sien van die kind en ouers wat saam met hul kinders gekom het, sien ek ouers wat ’n samelewing wil grootmaak waar kinders weet om nie te haat en te diskrimineer nie,” het hy gesê.
POLITIEKE SPEL
Albert Kawana, die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, het vroeër vandeesmaand gesê die ministerie sal geen verblyfverwante permitte vir buitelandse selfdegeslag-gades wat met Namibiërs getroud is, ingevolge die hooggeregshof se bevel, verwerk totdat hy van die prokureur-generaal hoor nie.
Hierop het Nakuta geantwoord dat Kawana besig is met “politieke speletjies”.
“Hy weet as ’n prokureur, hoef die prokureur-generaal dit nie te interpreteer nie. Daar is geen interpretasie of raaisel nie.
“Die woord ‘gade’ – soos dit in die wet op immigrasiebeheer gebruik word – moet geïnterpreteer word om ook na diegene te verwys wat in selfdegeslaghuwelike is wat buite die land voltrek is,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie