Namibië minder vry as ’n jaar gelede
Regbank, media en teenkorrupsieliggame moontlik in gevaar
Navorsing toon dat Namibiërs se politieke regte en burgerlike vryhede afgeneem het.
Namibië het gedurende 2024 vier plekke op die Freedom in the World (FITW)-verslag gedaal, wat dit die enigste vrye land maak wat drie of meer plekke op hierdie indeks geval het.
Dié verslag ontleed 25 aanwysers van burgers se politieke regte en burgerlike vryhede. Die metodologie van hierdie verslag is van die Verenigde Nasies se universele verklaring van menseregte afgelei.
Die FITW het Namibië ook vergelyk met meer as 65 ander lande wie se bevolking ook gedurende 2024 na die stembus gegaan het om verkiesingsmanipulasie en geweld tydens verkiesings te vergelyk. Hier het die land drie plekke geval – die grootste daling onder vrye lande op dié ranglys. Die enigste groter dalings op hierdie ranglys is aangeteken deur El Salvador en Tunisië – wat beide as gedeeltelik vry beskou word – en Koeweit, wat nie as ’n vrye land beskou word nie.
Namibië blyk egter nie die uitsondering op die reël te wees nie, aangesien navorsers Yana Gorokhovskaia en Cathryn Grothe in die verslag sê dat vryheid vir die 19de agtereenvolgende jaar wêreldwyd afgeneem het.
Wêreldwye geweld en konflik het luidens die verslag daartoe gelei dat “die wêreld nie net minder veilig is nie, maar ook minder vry is”. Die verslag toon dat 60 lande in die wêreld hul vryheid sien afneem het terwyl slegs 35 lande hul vryheid verbeter het.
Die verslag dui ook op uitdagings wat op die horison lê en wag.
“Onder ’n klein maar groeiende groep demokrasieë probeer verkose leiers om instellings te ondermyn wat daarop gemik is om as ’n kontrole oor hul magte te dien, soos die media, teenkorrupsieliggame en die regbank.
“Met verloop van tyd het hierdie aanvalle die potensiaal om politieke regte en burgerlike vryhede af te takel," lui die verslag.
Die verslag waarsku dat pogings om die media te ondermyn aanvalle op onafhanklike media soos dreigemente en smeerveldtogte teen joernaliste asook ernstige regstappe wat teen joernaliste geneem word vir hul beriggewing en diskriminasie in lisensiëring insluit.
Pogings om teenkorrupsie-instansies te ondermyn mag glo in die vorm van pogings voorkom om teenkorrupsiewetgewing te laat verander.
Spesiale magte teen korrupsie mag ook ontbind word en/of vervolgingsgesagte mag die ongekontroleerde misbruik van openbare kantore moontlik maak. Hierdie het gelei tot verminderde vertroue in die regering, volgens die verslag.
Ondemokratiese veranderinge tot hoe regters professioneel gedissiplineer word, watter kwessies hulle mag hanteer en hoe regters aangestel word, mag poog om die regbank te ondermyn, sê die verslag.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie