Namibian Elderly feel neglected, urging decision-makers to recognize aging concerns

photo: file
Namibian Elderly feel neglected, urging decision-makers to recognize aging concerns photo: file

Namibië se oues 'verdrink in skuld'

Pensioengeld moet gerek word
Bejaardes ontsien hul eie behoeftes om in dié van hul kleinkinders te voorsien.
Rita Kakelo
Talle van Namibië se bejaardes “verdrink in skuld” wat hulle aangaan om na hul kleinkinders om te sien wat deur hul biologiese kinders en uitgebreide familie in hul sorg geplaas word.

Volgens ’n verslag deur die Program vir Ouer Persone en Gemeenskapsorg in Namibië woon tweederdes van ouer persone in huishoudings wat verskeie generasies insluit.

Die verslag het ondersoek ingestel oor die verskeie vorme van sorg wat in Namibië vir senior burgers beskikbaar is.

Assosiaat-professor Janet Ananias het verduidelik dat pensioengeld (N$1 600 per maand) verder gerek moet word om die koste van huishoudings te dek in die afwesigheid van voldoende toelaes vir kinders.

Dié ernstige kommer en kwessie is geopper tydens ’n gemeenskapsvergadering wat deel van die ondersoek was.

“Daar is hoë vlakke van voedselonsekerheid en sommige bejaardes prioritiseer selfs om net kos aan die klein kinders te gee,” sê Ananias.

Volgens die verslag is daar meer as 200 000 bejaardes in Namibië, ’n toename van 40% oor die laaste dekade.

Baie sukkel om toegang tot dienste te verkry weens kwessies met mobiliteit wat vererger word deur die hoë koste van vervoer. Verder het 51% van bejaardes in Namibië diabetes.

’n Geregistreerde verpleegster van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) het tydens ’n openbare bespreking oor die verslag haar frustrasie uitgespreek en gesê nege uit tien ander verpleegsters wat uitreike doen, kan nie pasiënte ten volle help nie.

Dit is omdat sommige toestande hulp vereis van dokters wat nie die uitreikprogramme bywoon nie. Dit, sê sy, dwing bejaarde pasiënte om sowat N$600 te bestee om na klinieke in Windhoek vir basiese ondersoeke te reis.

Sy het ’n beroep op die ministerie gedoen om ’n standaardprosedure te implementeer wat aan verpleegsters die mag gee om voorskrifte te gee en pasiënte te behandel en sodoende die behoefte vir duur reise na Windhoek te verminder.

Die MoHSS verwys op sy beurt na die nasionale beleid vir die regte, beskerming en versorging van bejaardes in Namibië, met die klem op onder meer die aanvaarding en versekering van toegang tot gesondheidstelsels, die fasilitering van gesondheidsorg, asook die ontwikkeling van langtermyn-versorgingstelsels.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!