Namibië se selfdoodsyfer skiet die hoogte in
29 kinders neem hul lewens in 18 maande
Die meerderheid van selfdoodgevalle was onder mans, met die grootste oorsake wat depressie en verwerping is.
Altesame 679 Namibiërs het tussen Januarie 2021 en Mei 2022 hul eie lewens geneem, waarvan die meerderheid (559) manlike volwassenes was.
Hiervan was 91 vroulike volwassenes terwyl 29 kinders was - 18 seuns en 11 meisies.
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Esther Muinjangue, het gesê Namibië het die vierde hoogste selfdoodsyfer per 100 000 mense op die vasteland, en dus moet verskillende ingrypings, veral vir mans en seuns, dringend in plek gestel word.
Nog ’n bekommernis is selfdoodpakte, waar twee of meer mense terselfdertyd besluit om hul lewens te neem. Hieroor het die ministerie gesê daar is ’n dringende behoefte aan ingryping en bewusmaking.
Volgens die polisie se inligting is die hoofmetodes van selfdood om hulself op te hang - wat die mees algemeen is – gevolg deur skiet, die drink van batterywater, verdrinking, hul eie keel sny, selfsteek, vergiftiging en om hulself aan die brand te steek.
Die minister het Woensdag tydens die bekendstelling van die taakmag vir selfdoodvoorkoming in die Khomasstreek gesê die hoofredes vir selfmoord is aangeteken as depressie, verwerping, hopeloosheid, gesinsprobleme en ’n swak eiewaarde.
“Ons nasionale statistiek is kommerwekkend, en dit is ’n teken dat elkeen van ons moet reageer op selfdoodgedrag. Die streke se selfdoodstatistiek vanaf Januarie 2021 tot Mei 2022 het aan die lig gebring dat Omusati die meeste aangetekende voorvalle van selfdood (105) het, gevolg deur Ohangwena met 100 gevalle. Khomas is derde met 80 voorvalle, terwyl Oshikoto in die vierde plek is met 65 voorvalle,” het sy gesê.
Die vyfde hoogste syfer is in Oshana aangeteken (56), gevolg deur Otjozondjupa (48) en Erongo (44). Kavango-Oos het 34 selfdoodvoorvalle aangeteken, terwyl Kavango-Wes 30 en ||Kharas 29 gevalle aangemeld het. In die Hardapstreek is 25 gevalle aangeteken, gevolg deur Zambezi (24) en Omaheke (20)
Die minste aantal selfdoodgevalle is in Kunene aangeteken met 19 gevalle gedurende hierdie tydperk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie