NamRA keer skenking vir minderbevoorregtes
Brille vir Lions-klub op Tsumeb bestem
Die Namibië Inkomste-agentskap is nie bereid om die besending van tweedehandse brille sonder 'n faktuur vry te stel nie.
By die Eros-lughawe in die hoofstad lê ’n besending van 400 brille, bestem om die minderbevoorregtes op Tsumeb te seën met die gawe van sig.
Die Lions-klub op dié dorp wag in spanning op die skenking wat in Italië ingesamel en verskeep is vanaf die Lions-klub in Chivasso se Centro Italiano Lions per la Raccolta degli Occhiali Usati.
Die besending het reeds op 2 Julie in Windhoek aangekom, die Namibië Inkomste-agentskap (NamRA) is egter nie bereid om die bokse vry te stel nie.
’n Lid van die Lions-klub op Tsumeb, Jens Frautschy, sê almal se frustrasie is besig om toe te neem weens Jan Taks wat op ’n faktuur aandring.
“Ek kan nie ’n faktuur verskaf nie! Die ou brille en rame word deur die pasiënte in Italië aan die oogkundige geskenk.
“Die oogkundige het dit aan die plaaslike Lions-klub geskenk. Die Lions in Italië het gereël dat vrywilligers die brille en rame herstel en skoonmaak en van daar af het die vervoer na Namibië begin,” het hy vandeesweek uitgebrei.
Die dryfveer agter die inisiatief is Nampa Asino in Italië.
“Hierdie is die toetslopie om te sien hoe maklik dit sou wees. Tot in Windhoek was dit maklik omdat die sentrum ook vir die verskeping van die brille betaal het.
“Daar is ’n ooreenkoms. Dit is tweedehandse items en is nie te koop nie. Hulle het egter op ’n faktuur aangedring en toe stuur ons ’n faktuur vir 8 euro, die koste van die vervoer, maar NamRA sê dit is te min. Laas het hulle gevra vir ’n brief, en ons het dit geskryf,” sê sy.
Die brief van die sentrum is op 24 Julie gestuur en lui:
“Skenkingsverklaring: Ons verklaar dat al die items in die boks ’n skenking aan die Lions-klub op Tsumeb is. In die toekoms sal ons graag nog brille wil stuur om aan arm mense uitgedeel te word.”
“Ons het gister van DHL gehoor dat die brief nie geldig is nie en dat ’n faktuur nodig is,” het Asino Dinsdag aan Republikein bevestig.
Sy brei uit dat hulle beplan om 5 000 brille te stuur, insluitend leesbrille, sonbrille en gewone brille.
“My man doen dit al vir meer as 20 jaar hier vir die Lions in Italië en ook in Peru, waar hy die brille versprei. Ek is van Namibië en het hom oortuig dat ons die inisiatief ook in Tsumeb moet begin omdat ek van Tsumeb is.
“Ons wil graag die projek uitbrei na ander dorpe en hoop om saam met oogkundiges en brilwinkels te werk. Ek beplan selfs 'n skool om mense te leer hoe om brille te herstel.
“Ek wil hê my mense moet ook hierby baat vind. Ek weet dit is ’n druppel in die emmer, maar ek is seker dit sal iemand help. Liefdadigheid begin by die huis, sê hulle.”
Ons toekomsplanne hang alles af van wat NamRA gaan sê, volgens Asino.
NamRA se woordvoerder, Steven Ndorokaze, wou nie veel oor die spesifieke voorval uitbrei nie, aangesien hulle ’n plig teenoor invoerders het om inligting vertroulik te hou.
Hy het egter uitgebrei oor soortgelyke gevalle waar NamRA bewyse benodig dat dit wel ’n skenking is.
“’n Skenkingsakte of ander verklarings kan voldoende wees. Selfs wanneer die skenking as ’n feit vasgestel is, sal ons die markwaarde van die besending moet aanteken, hetsy deur fakture of so.
“Daarna moet die party wat die besending invoer, aansoek doen om vrystelling van óf doeaneregte, óf die toepaslike belasting of albei, by die NamRA-kommissaris, om deur ons regsdienste-afdeling gefasiliteer te word,” brei hy uit.
Invoerders word aangeraai om van NamRA se voorafklaringsproses gebruik te maak, wat voorsiening maak vir sekerheid oor die hantering van ingevoerde goedere en die uitklaringsproses kan bespoedig, sê Ndorokaze.
Frautschy sê dit is egter sinneloos om vrystelling te vra aangesien die ou brille geen waarde het nie, en die waarde daarvan moontlik nie bepaal kan word nie.
“Ons sal waarskynlik die projek moet prysgee,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie