Obsolete laws
Obsolete laws

Nog verouderde wette onder die loep

Burgerorganisasies lei die aanslag
Een van die verouderde wette is die Naturelle Minimumloon Proklamasie van 1944 wat hoër lone vir witmense aanbeveel het.
Yandi Du Plessis
Jemima Beukes – Namibiese burgerlike organisasies wat vroue, meisies, sekswerkers en LGBTQ-gemeenskappe verteenwoordig, het ‘n aantal wette voor die Regsnavorsing- en Ontwikkelingskommissie (LRDC) gebring vir wysiging.

Dit volgens ‘n fase twee-verslag oor die wetsontwerp op die herroeping van verouderde wette, wat verlede week deur die minister van justisie, me. Yvonne Dausab, in die parlement ter tafel gelê is.

Ander wette wat volgens hulle gewysig moet word, sluit in die strafproseswet, die wet op die bekamping van gesinsgeweld, die wet op die bestryding van immorele praktyke, die arbeidswet en die wet op regstellende aksie.

Luidens die verslag is hierdie wette egter nie verouderd nie; en wysigings aan wette wat verbeter moet word, val buite die bestek van hierdie projek, maar kan wel oorweeg word vir moontlike LRDC-projekte in die toekoms.

“Een van die onderwerpe wat byvoorbeeld in hierdie geval geopper word, is ‘n versoek vir die herroeping van die sodomiewet (‘n oortreding van die gemene reg) en verwante bepalings in die Strafproseswet (51) van 1977. Die herroeping van die wet op sodomie is reeds die onderwerp van nog ’n LRDC-ondersoek.”

VERNUWING

Ook onder die verouderde wette is die Naturelle Minimumloon Proklamasie van 1944 wat gevra het vir hoër lone vir witmense, waarna destyds as Europeërs verwys is.

Nog ‘n wet wat ook van die rol geskrap moet word, is die ordonnansie op die bevordering van kultuur van 1980, wat prominensie gegee het aan die bevordering van die kultuur van witmense voor onafhanklikwording.

Toe sy die saak aan die parlement moes stel, het Dausab gesê die voorstel van die wetsontwerp is om wette te herroep of te wysig oor verskeie kwessies wat onder meer verkryging, spoorweg- en haweverwante kwessies, betreding en finansiering vir landbougrond dek.

“Daarom bespoedig ons met hierdie wetsontwerp die grootskaalse proses om die Namibiese wetboeke op te ruim en te moderniseer, en sodoende die wet eenvoudiger en meer toeganklik vir alle Namibiërs te maak,” het sy gesê.

Dausab het bygevoeg Namibiërs kan ongetwyfeld meer kan doen terwyl die LRDC met die volgende fase begin met die herroeping van uitgediende, verouderde wette; en het die publiek, politieke partye, maatskaplike inisiatiewe, rolspelers in die privaat sektor en verskeie instellings aangemoedig om voort te gaan om hulle te help om verouderde wette te identifiseer wat vir herroeping of wysiging oorweeg kan word.

“Die LRDC speel ‘n belangrike rol wat gewone mans en vroue in ons gemeenskappe aanmoedig om regeringsbeleide te beïnvloed deur konsultasies om deelname aan die wetsontwerpproses moontlik te maak. Hierdie konsultasie en deelname is belangrik omdat dit bevestig dat die mag van die staat wel by die Namibiese mense berus. Dit is hierdie mag wat die fundamentele hoeksteen van ons grondwetlike demokrasie vorm.”

[email protected]

Kommentaar

Stephanus Gerber 2 Jaar Gelede 20 October 2022

Hulle kan nie eers die wette wat hulle self maak toepas nie. Waarom die tyd en belasting betaler se geld mors met die "ou" wette" (wat ook nie toegepas word nie) te verander of te skrap! Skrap liewer 'n klomp regeringsposte van honderde regeringswerkers wie se enigste "werk" is om hulle salarisse te spandeer!

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!