‘Ons omstandighede gaan daagliks agteruit’
San-groep voel staat het hulle agtergelaat
Verskeie gesinne woon in tydelike strukture, slaap op die grond, word blootgestel aan die elemente en moet dae sonder 'n maaltyd klaarkom.
Kenya Kambowe op Mupapama – Lede van die San-gemeenskap by Mupapama in die Kavango-Oosstreek sê hulle woon in smerige, armsalige toestande met geen oplossing in sig nie.
Tydens ’n besoek deur ons susterkoerant Namibian Sun aan die gemeenskap in 2019 om ’n beter idee van hulle lewensomstandighede te kry, is verskeie gesinne gevind wat in tydelike strukture woon, op die grond slaap, blootgestel word aan die elemente en dae sonder ’n maaltyd moet klaarkom.
Met ’n opvolgbesoek verlede week aan die nedersetting wat sowat 60 kilometer oos van Rundu geleë is, het min verander, met gemeenskapslede wat gekla het dat die situasie intussen vererger het.
Hulle leef tans op sommige van die bejaardes se maatskaplike toelaes, wat dikwels maande laat ontvang word, asook skenkings van barmhartige Samaritane.
Toegang tot drinkbare water en elektrisiteit bly buite hulle bereik.
Gemeenskapslede het vertel hulle moet etlike kilometers aflê om water uit die Kavangorivier te gaan haal of alternatiewelik om water by nabygeleë opstalle te bedel.
MEER UITDAGINGS
Die 90-jarige Pinas Kambembe het namens die gemeenskap aan Namibian Sun gesê dat hulle, benewens die armoedekwessie, deur ’n aantal probleme in die gesig gestaar word.
Nadat hy die afgelope 20 jaar by Mupapama gewoon het nadat hy van Omega in die Mukwe-kiesafdeling verhuis het, het hy gesê hul uitdagings hoop op en hulle ontvang nie die nodige ondersteuning nie.
Kambembe – wat in 2019 regop kon loop – kan nou nie rondbeweeg nie en sê armoede het ’n rol gespeel in die agteruitgang van sy gesondheid.
“Ek onthou jy was ’n paar jaar gelede hier, maar kyk nou na my, dinge het van sleg tot erger gegaan. Ons is deur ons regering afgeskeep,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg die toelaes en skenkings wat hulle van die regering ontvang, is nie genoeg om hul lewens ten goede te verander nie.
“Ons toelaes en die kos wat hulle vir ons gee, hou ons nie ’n maand lank nie. Sê jy vir my dat ons net veronderstel is om te eet en nie gemaklik te lewe nie? Ons wil ook ordentlike skuiling hê soos ander San-gemeenskappe,” het hy gesê.
“Al wat ek weet is dat ons almal ’n lewende God dien en diegene wat in beheer is van die land se hulpbronne, maar besluit het om ons te verwaarloos – ons sal almal eendag voor die Here ontmoet.”
‘NIEMAND GEE OM NIE’
“As daar iemand daar buite is wat vir ons veg, is ek nog nie oortuig daarvan dat daar ’n leier is – hetsy op streek- of nasionale vlak – wat vir ons omgee nie, het hy betreur.
“Hulle ry verby ons met hul motors, sonder om te weet dat sommige van ons ’n rol in die bevryding van hierdie land gespeel het.”
Kambembe het ’n beroep op die regering gedoen om die San-gemeenskap se pleidooi ernstig op te neem.
“Ons wil hê dat ons lewensomstandighede opgehef moet word na dié van ander burgers.
“Ons weet wat in die land gebeur. Ons is nie jagters soos mense dink nie. Daar is niks in Mupapama om te jag nie,” het Kambembe gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie