Paartjie wat 9-jarige vasketting stel hul kant
Slagoffer is glo 'n 'probleemkind'
Die paartjie sê die regering moet 'n nuwe tuiste vind vir die weeskind wat hulle in boeie laat beland het.
Tuyeimo Haidula en Enzo Amuele – Hoofman Johannes Kanime en Ndeshihafela Immanuel, ’n paartjie wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n negejarige meisie by Otambo ya Kawali in die Oshikotostreek mishandel het, het gesê hulle het die weeskind vasgeketting om te verhoed dat sy verdere misdade in die gemeenskap pleeg.
Ons susterkoerant Namibian Sun het die duo Woensdag by hul huis in die Omuntele-kiesafdeling besoek, waar hulle dit duidelik gemaak het hulle sal nie die kind terugneem nie en dat die regering vir haar ’n nuwe tuiste moet vind.
Die twee is verlede naweek in hegtenis geneem nadat inwoners van die dorp die kind in kettings gevind en die kiesafdelingsraadslid Sacky Nangula in kennis gestel het.
Ter regverdiging van die mishandeling het Kanime (94) gesê die slagoffer is al lank ’n “probleemkind” en daar is ’n hangende strafsaak by die plaaslike tradisionele hof nadat sy na bewering in ’n buurman se huis ontlas het.
Hy het gesê die meisie het in 2016 saam met haar tante, Immanuel, in sy huis ingetrek en in 2019 het die moeilikheid glo begin.
INGENEEM
Immanuel het gesê sy het in 2014 ’n oproep ontvang van die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn om te vra of sy die slagoffer se pa ken.
“Daar is vir my gesê hulle bel van die Oshakati-hospitaal af en hulle het ’n baba wat in die kamer gelos is en hulle kan nie die ma opspoor nie. Hulle het my gevra om die baba te gaan sien en ek het gevra wat ek gaan doen.
“Ek het geweier omdat my susterskind [die meisie se pa] nooit vir my gesê het sy meisie is swanger of dat hulle ’n pasgebore baba het nie. Ek het ’n nuwe SIM-kaart gekoop om die oproepe te vermy. Ná vyf maande het [dit] my aanhou pla,” het sy gesê.
Immanuel het toe haar suster, die meisie se ouma, gebel.
“Sy het gesê haar seun het reeds drie kinders by haar gelos, en sy sal nie nog een inneem nie.
“Die ministerie se beamptes het weer gebel. Hulle het my geneem om die baba te sien. Sy was destyds ses maande oud en ek het geweier omdat ek nie ’n inkomste gehad het nie. Ek het vir hulle gesê ek sal terugkom, maar toe gegaan en nooit teruggekeer nie.”
Die ministerie het haar aanhou lastig val, het Immanuel gesê.
“Mettertyd het my finansiële situasie verbeter en ek het ingestem om haar in te neem. Sy het aanvanklik niks gehad nie. Ek moes alles koop. My susterskind het nie sy dogter ondersteun nie. Hy het haar nie eens kom sien vandat ons die sentrum verlaat het nie,” het sy gesê.
Toe sy twee jaar oud was, het Immanuel vir die meisie se ouma gesê om oor te neem, maar die kleuter was die volgende dag weer aan haar terugbesorg.
SORG VIR JOU KINDERS
Immanuel het verlede jaar verneem die meisie se ma is dood.
“Haar pa leef maar hy stuur nie geld of besoek die kind nie. Hoekom moet ons die verantwoordelikheid hê om te sorg vir ’n kind wat ons in die eerste plek nie wou hê nie, en wat ons nou misbruik?” het sy gevra.
Immanuel hou vol dat die meisie eiers en hoenders steel en net vir haarself kook.
Die negejarige is ook daarvan beskuldig dat sy Kanime se pensioengeld gesteel het, wat glo nou altesaam N$1 000 beloop.
Tydens Namibian Sun se besoek het ’n ander vrou Immanuel se storie bevestig en gesê sy het ook gedink die slagoffer word mishandel totdat sy die kind se “ware kleure” begin sien het.
KETTINGS
Kanime het verlede week gesê hulle het besluit om die slagoffer in haar ouma se sorg te laat.
Die meisie, wat van verskeie misdade beskuldig is, is glo op heterdaad betrap terwyl sy ’n buurman se waatlemoene geëet het.
“Ek het besluit om haar vas te ketting terwyl ek gewag het dat haar tante haar die volgende dag kom haal. Sy het uit die kettings ontsnap en na die cuca-winkels toe gegaan en ons is daarna in hegtenis geneem,” het hy gesê.
NIE ‘WEERBARSTIG’
Hambelela Helena Iipinge, die skoolhoof van die Primêre Skool Oshalongo, het gesê die skool het die mishandeling waaraan die meisie onderwerp is, al lank waargeneem.
Sy het in 2020 begin skoolgaan toe sy sewe geword het. Volgens Iipinge het sy graad 1 twee keer gedruip en is sy vanjaar na graad 2 bevorder omdat die beleid nie toelaat dat kinders ’n graad drie keer herhaal nie.
“Vanjaar alleen het sy nie in Januarie of Februarie skool toe gekom nie. Sy het net vyf dae in Maart bygewoon. In April het sy ook nie gekom nie,” het sy gesê.
Iipinge het gesê hoewel die meisie van diefstal en weerbarstigheid beskuldig word, het sy nie sulke gedrag by die skool waargeneem nie. Sy het bygevoeg die meisie het nog nooit iets by die skool of haar eie huis, waar sy soms skuiling soek, gesteel nie.
“Sy ly honger en kom sonder ’n kosblik skool toe. Haar haarkleur is ook ’n aanduiding van ’n gebrek aan voeding. Die barmhartige Samaritane bied haar nou en dan kos aan. Sy het in ’n stadium vir ’n tydjie by my huis gewoon en sy het nog nooit onhebbelike gedrag getoon tydens haar tyd daar nie.
“Sy steel niks behalwe kos nie,” het die skoolhoof gesê.
VOORTDURENDE MISHANDELING
Iipinge het gesê die meisie is verlede jaar gebrand en dit het haar met ’n gestremde vinger gelaat.
Sy sê volgens die meisie het Immanuel haar gebrand deur warm pap oor haar hand te gooi.
Immanuel ontken dit en sê sy was besig om vleis uit die pot te steel en het haarself gebrand.
“Die brandwond was so erg dat ek mediese hulp vir haar moes kry. Nadat sy behandel is, het ons ’n skoolraadvergadering gehou. Ons het die voogde gaan besoek maar ons kon nie tot ’n vergelyk kom nie.
“Sy het gely. En ons het gehuil toe ons haar in kettings sien. Die polisie moet hul ondersoeke doen en geregtigheid vir haar vind.”
VEILIGE SORG
Naomi Mutikisha, ’n maatskaplike werker wat die meisie se saak hanteer, het gesê sy word tydelik by die Omuthiya-hospitaal gehou vir haar eie veiligheid.
Sy het bygevoeg daar is merke op die slagoffer se liggaam wat daarop dui dat sy ernstig mishandel is.
“Ons assesseer die situasie en soek ’n nuwe gesin vir haar. Wat vir nou duidelik is, is dat sy nie kan teruggaan na die ou huis toe nie. As ons nie daarin slaag om ’n nuwe gesin te kry om haar in te neem nie, sal ons die proses volg en haar by een van die SOS-huise óf in Ondangwa óf Tsumeb plaas,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie