#PasIn – Anti-gay protesoptog: Twee in hegtenis geneem
Kyk video #AntiGayProtest
Twee jong LGBTQ-ondersteuners, ‘n man en ‘n vrou, is vandag in die Zoopark in Windhoek in hegtenis geneem ná hulle ‘n “pride flag” gewapper het naby minder as 150 ondersteuners van die Christelike Koalisie van Kerke van Namibië wat teen die beslissing van die Hooggeregshof oor selfdegeslag-huwelike betoog.
Die twee het beklemtoom dat menseregte vir almal is en dat die anti-gay groep haat bevorder.
Republikein se Tanja Bause was op die toneel en sê die anti-gay groep het op die twee LGBTQ-ondersteuners toegesak, die polisie geroep en aangedring dat die twee jongmense in boeie geslaan word.
Elizabeth Joseph van Namibian Sun berig dat die koalisie vroeër vanoggend 'n petisie teen die hofbeslissing aan die adjunkminister van binnelandse sake, Daniel Kashikola, oorhandig het.
Hulle het daarna na die Zoopark beweeg, waar hulle ‘n gebedsessie gehou het.
Uit die Noorde berig Tuyeimo Haidula van Namibian Sun dat die beplande massabetoging in die Oshanastreek teen die hofbeslissing ‘n reusemislukking was ná net pastoor Samuel Hendricks van die Redeem Christian Church in Ongwediva daarvoor opgedaag het.
Die optog was beplan vir 10:00 en teen 11:20 het die vertrekpunt by Oshakati, wat by die Oyetu-kompleks is, net vir Hendricks gehad. Hy het gesê 10 ander mense van Ondangwa sou by hom aansluit, maar 30 minute later het hulle nog nie opgedaag nie.
Hendricks het 'n deel van die inhoud van die petisie voorgelees wat na verwagting aan die Oshana-goewerneur oorhandig sal word.
Kyk video hier
Video: Elizabeth Joseph

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie