Persvryheid: Namibië lê nou tweede in Afrika
Reuseafname in maatskaplike welsyn
Namibië is vir jare reeds die topland in Afrika in terme van persvryheid, maar moes vanjaar dié posisie afstaan.
Terwyl Namibië sedert verlede jaar 12 plekke op die wêreldranglys van die Verslaggewers Sonder Grense (RSF) se mediavryheidsindeks geval het, het hy ook sy titel as die voorste land in Afrika in terme van persvryheid aan Mauritanië verloor.
RSF gebruik vyf aanwysers om 'n land se persvryheid te bepaal; politiek, ekonomie, die regbank, maatskaplike welsyn en die veiligheid van diegene in die media. Namibië het swakker op al die aanwysers gevaar met ’n merkbare agteruitgang in maatskaplike welsyn.
Hoewel die RSF in sy opsomming van die maatskaplike en kulturele agtergrond van Namibië meld dat Namibiese joernaliste ongesteurd hul werk kan doen, noem dié organisasie ook dat joernaliste in Namibië voortdurend gekritiseer word oor hoe negatief hul beriggewing is, wat volgens die RSF tot persoonlike intimidasie kan lei.
Namibië het 35 plekke op die wêreldranglys vir die maatskaplike welsyn van joernaliste geval; van 18de in 2023 tot 43ste in 2024.
Wat die ander vier aanwysers betref, is die afname nie so drasties nie.
Op die wêreldranglys het Namibië met 16 plekke op die politieke front gedaal, 12 plekke op die veiligheidsfront, agt plekke in terme van die ekonomiese welstand van die media en ses plekke op die ranglys vir die regsraamwerk waaruit die media kan baat.
“Die ekonomiese omgewing is gunstiger teenoor die staatsmedia, hoewel werknemers by die NBC gestaak het en in 2022 hoër salarisse en permanente poste geëis het.
“Inkomste uit reklame word gereeld na pro-regeringsmedia gekanaliseer – ’n beleid wat onafhanklike verslaggewing ondermyn. Die gedrukte media staar toenemende finansiële uitdagings in die gesig en talle het na ’n digitale formaat oorgeskakel,” lui die RSF se opsomming van Namibië.
Hoewel politieke agteruitgang tans nie Namibië se grootste kopseer is nie, waarsku die RSF dat dit ’n wêreldwye brandpunt is.
“Die RSF sien ’n kommerwekkende afname in ondersteuning en respek vir die media se outonomie en ’n toename in druk van die staat en ander politieke rolspelers,” lui ’n verklaring van die RSF, wat ’n gemiddelde afname van 2,7 punte wêreldwyd aangeteken het met betrekking tot die politieke vryheid van die media.
Mauritanië het 'n prysenswaardige verbetering in terme van persvryheid gesien en het sedert verlede jaar 53 plekke op die wêreldranglys geklim om net bo Namibië in die 33ste plek in die wêreld te eindig.
Hulle het in alle aanwysers verbeter met die kleinste verbetering in terme van ekonomiese toestande vir die media waar hulle 38 plekke op die wêreldranglys geklim het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie