FOTO VERSKAF
FOTO VERSKAF

Pro-Life Namibia open hulplyn vir vroue

Pro-Life Namibia, ’n organisasie wat standpunt inneem teen die voorstel van aborsie op aanvraag, het onlangs ’n optog in Windhoek na die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, sowel as die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn gereël. Tydens die optog is vier pro-lewe organisasieversoekskrifte teen aborsie op aanvraag aan die minister Doreen Sioka oorhandig het.

Pro-Life Namibia se stigter, me. Sasha Louw, het in haar versoekskrif gesê die biologiese werklikheid is dat lewe met geboorte begin.

Louw het ook verskeie redes verskaf waarom aborsie nie versoenbaar is met geslagsgelykheid nie en het ’n beroep gedoen om ’n gesonder Namibië te bou “waar ons nie ons ongeborenes doodmaak nie”.

Die betogers het daarna in Zoo Park vergader waar verskeie sprekers hul toegespreek het oor onder meer die huidige wetsbepalings oor aborsie in Namibië.

’n Versoekskrif is ook aan die waarnemende sekretaris van die Nasionale Vergadering, me. Lydia Kandetu, oorhandig.

Deel van die samekoms by Zoo Park was ’n uitstalling van pro-lewe dienste wat in Namibië beskikbaar is. Onder die 12 organisasies wat aan die uitstalling deelgeneem het, was onder meer Ruach Elohim, Feeding Namibia, Hope for Life, SOS Children’s Village en die Hakahana Hope Foundation.

’n Spesiale hulplyn, 081 206 9338, is ook amptelik bekend gestel wat 24 uur per dag beskikbaar is vir vroue met ’n ongewenste swangerskap en dié wat geen emosionele of fisieke ondersteuning tydens hul swangerskap het nie.

Vir meer besonderhede oor Pro-Life Namibia kan Louw by 085 750 5262 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!