Reaksie op staptog 'oorweldigend positief'

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Dinsdag het hy die laaste treë van sy staptog van 321 kilometer oor 11 dae gegee.

Elago Nantana het die staptog wat hy op 13 Julie in Okahandja begin en meer as ’n week later in Walvisbaai geëindig het, aangepak onder die vaandel van die Mental Peace Walk, om bewusmaking van mans se geestesgesondheid en eenheid in gemeenskappe te skep.

Tydens Elago se staptog, ’n inisiatief van The Delivery Room Foundation, het hy deur die dag 30 km gestap en snags gerus waar hy gekamp het. Hy moes sy kamp- en toerusting saamdra en het by dorpe op sy roete aangedoen om ook met die inwoners te gesels en ’n boodskap van hoop en aanmoediging te bring wat tot verskeie betekenisvolle gesprekke gelei het.

Die fokus was telkens geestesgesondheid en volgens Elago, wat daagliks met tussen 50 tot 100 mense in gesprek getree het, was die reaksie “oorweldigend positief”.

Sy staptog het ook groot reaksie op sosiale media uitgelok met meer as 200 000 mense wat gekombineerd op TikTok, Instagram en Facebook sy vordering gevolg het.

Tydens die staptog het verskeie mense by Elago gestop om of te help met water of om hom aan te moedig. Ook die Namibiese polisie en bussies het seker gemaak hy is veilig.

“Dankie aan die Namibiese polisie, die bestuurder van die bussie en die mense van Namibië vir julle ongelooflike ondersteuning en gasvryheid. Julle warm- en omgeeharte het hierdie reis moontlik gemaak. God seën Namibië, laat daar vrede in ons land wees,” het Elago gesê.

Toekomsplanne is om ’n boekie wat fokus op geestesgesondheid onder die vaandel van die stigting in al die dorpe waar hy aangedoen het in plaaslike tale te versprei. Ook word gratis konferensies vir mans in dié dorpe beplan, met verskeie sprekers wat praktiese oplossings en ondersteuning bied vir uitdagings wat mans met hul geestesgesondheid ervaar.

Elago het in 2022 van Oranjemund tot by Katima Mulilo gestap en verlede jaar van Otavi na die Oshikango-grenspos, ’n totaal van 2 620 kilometer op plaaslike paaie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!