Regering se hulp gevra om Gochas te ontwikkel
Die meer as 500 inwoners van Gochas het die regering deur die dorpsraad gevra vir ondersteuning in verband met infrastruktuur en werksgeleenthede in dié dorp.
Inwoners van die dorp wat sowat 110 km suidoos van Mariental geleë is, beweer die regering verwaarloos die dorp; ‘n situasie wat die jeug gedwing het om hulle tot alkoholmisbruik te wend.
Gochas se hooftrekpleister is ‘n toerisme-besigheidspark, algemeen bekend as die Gochas Business Park, wat die regering jare gelede gebou het. Dit is een van die dorp se ekonomiese dryfvere aangesien toeriste wat na en van die Mata-Mata-grenspos reis, gereeld daar stilhou.
“Hierdie sakepark is ‘n goeie inisiatief, maar voldoen nie aan verwagtinge nie. Die jongmense van die dorp gaan kuier by die park met alkohol en harde musiek, wat besoekers steur.
“Maar ons kan hulle nie kwalik neem nie, want hulle het nie hul eie plek om veilig te kuier nie,” het me. Lisma Swartz, ’n inwoner van die dorp, gesê.
‘ONS HET WERK NODIG’
Afgesien van sommige regeringskantore en die polisie-afdeling, bied die private sektor min wat werksgeleenthede betref, het dorpenaars gesê.
Terwyl ‘n handjievol mense op omliggende plase werk, is baie ongelukkig oor die lae lone wat hulle betaal word.
Vroeër vanjaar het jongmense van die omgewing ’n versoekskrif vir grond vir landbouproduksie by die dorpsraad ingedien.
Met planne in die vooruitsig om ‘n nuwe pad tussen Mata-Mata en Stampriet te bou, hoop me. Teresia Cloete, ’n lid van die dorpsraad, dat dié projek werksgeleenthede vir Gochas-inwoners sal skep.
“Ons finansies laat ons nie toe om veel vir die jongmense en gemeenskapslede van Gochas doen nie. Ek doen ‘n beroep op die regering om met ons te vergader, om betrokke te raak deur idees te deel oor hoe om die dorp te help ontwikkel, want ons sukkel regtig,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie