Ruach Elohim kry welkome skenking

Kwesbare, weggooibabas hier versorg
In 'n wêreld waar babastortings 'n hartverskeurende werklikheid is, is die stigting se toewyding om 'n veilige hawe aan hierdie onskuldige lewens te bied, benydenswaardig.
Henriette Lamprecht
Die Rössing-stigting het N$350 000 aan die Ruach Elohim-stigting geskenk ter ondersteuning van voortgesette pogings om verwaarloosde en mishandelde babas en ook weggooibabas te versorg.

Die Ruach Elohim-stigting is ’n geregistreerde kinderbeskermingsorganisasie wat fokus op die bewusmaking en voorkoming van babastortings. Uit die totale skenking is N$240 000 geoormerk om die kundigheid van maatskaplike werkers van die stigting te verbeter. Die belegging sal die span bemagtig om omvattende ondersteuning en hulp aan individue en families landswyd te verleen.

Altesaam N$50 000 sal gebruik word om inisiatiewe te skep wat gemik is op die bewusmaking en bou van kapasiteit wat die Ruach Elohim-stigting in staat sal stel om sy reikwydte te bevorder asook sy doeltreffendheid om babastortings in die land te takel.

Die oorblywende N$60 000 sal gebruik word om noodsaaklike formulemelk te koop.

Die beduidende bydrae ondersteun die Rössing-stigting se verbintenis om volhoubare ontwikkeling te ondersteun, maar ook kritieke behoeftes in die Namibiese gemeenskap te takel.

Die stigting se bestuurder vir gemeenskapsontwikkeling,

Maria Immanuel, was vol lof vir die Ruach Elohim-stigting se werk. Volgens Immanuel moet elke poging ondersteun word om die kwesbares te beskerm.

“In ’n wêreld waar babastortings voortduur en ’n hartverskeurende werklikheid is, is die stigting se toewyding om ’n veilige hawe aan hierdie onskuldige lewens te bied, benydenswaardig. Elke baba verdien liefde, sorg en ’n kans om te floreer. Dit is deur inisiatiewe soos die bababoks by die stigting wat ons ’n tasbare verskil in hul lewens kan maak,” het sy gesê.

Die stigting se bababoks bied aan mamma’s die geleentheid om hul babas in ’n veilige plek te los en voorkom sodoende dat hulle in onveilige plekke agtergelaat word en help ook om aborsies te voorkom.

Ruach Elohim se stigter, Ronel Peters, het die aanhoudende styging in die bedryfskoste van huise van veiligheid beklemtoon.

“Dit is nie maklik nie, veral met die koste betrokke. Op die ou einde is ons plig om die kinders te versorg en ons is nou danksy die Rössing-stigting in ’n beter posisie om daardie sorg te verskaf,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

jaco carstens 8 Maande Gelede 04 March 2024

Fantastiese werk wat hierdie liefdevolle mense doen

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!