Hierdie gravering uit die boek Deutschlands Kolonian (Leipzig, 1910) deur Kurt Hassert was gebaseer op 'n foto van opperhoof Fritz Aribeb en sy gesin, geneem by Naidaos in 1895.
Foto Nasionale Argief van Namibië
Hierdie gravering uit die boek Deutschlands Kolonian (Leipzig, 1910) deur Kurt Hassert was gebaseer op 'n foto van opperhoof Fritz Aribeb en sy gesin, geneem by Naidaos in 1895. Foto Nasionale Argief van Namibië

Schlettwein steun San-herdenking

Opperhoof Fritz Aribeb se graf op plaas geleë
Die minister stel dit uitdruklik dat sy versoek nie die Hai//om sal toelaat om die plaas te beset nie, en dat die eienaar drie maande kennis gegee moet word voor die herdenking.
Augetto Graig
Die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, het amptelik die hervestigingsbegunstigde en eienaar van eenheid B van die plaas Okorusu no. 88 gevra dat die Hai//om San toegang verleen word tot die graf van die ontslape opperhoof Fritz Aribeb.

In 2022 het lede van die grootste San-stam in Namibië laas hul gevalle leier voor die geslote hekke van die plaas herdenk, volgens hoofman Joseph /Gomoseb.

“Ons waardeer dit baie dat Schlettwein sy eie mense gestuur het om ondersoek in te stel en ons leier te erken,” sê /Gomoseb.

Die opperhoof van die Hai//om San, Ananias Soroseb, sê hulle hoop om die herdenking op 10 Desember te kan vier by die plek waar Aribeb se oorskot begrawe is.

“Dit beteken baie vir die Hai//om San-stam in Namibië, dat ons held in 1904 in die eerste San-Duitse-oorlog aan die hand van Duitse magte geval het. Sedertdien het ons ons voorvaderlike grond, ons hulpbronne, ons tradisie, ons diere en ons waardigheid verloor, selfs vandag,” sê Soroseb.

Schlettwein skryf dat hy op 10 Junie met Soroseb oor die kwessie vergader het, waar hy ingelig is dat die Hai//om San nie toegang tot Aribeb se graf het nie.

Die minister verwys na regeringsbeleid en die besluit van die tweede nasionale grondkonferensie van 2018, om gemeenskappe toegang te gee tot belangrike kulturele en historiese plekke.

Schlettwein stel dit uitdruklik dat sy versoek nie die Hai//om sal toelaat om die plaas te beset nie, en dat die eienaar drie maande kennis gegee moet word voor die herdenking.

Soroseb sê hy sal later vandeesweek met die plaaseienaar in verbinding tree.

Die minister het ook die eienaar ingelig dat die adjunk- uitvoerende direkteur vir grondhervorming, hervestiging en streekprogramme van die ministerie die plaas sal besoek om die graf te besigtig.

Volgens /Gomoseb het die eienaar egter reeds die boom by die graf afgesaag en die klippe verwyder wat gebruik is om die graf te merk.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 1 vs 1 Nottingham Forest | Aston Villa 0 vs 0 Manchester United | Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Deportivo Alaves 0 vs 3 Barcelona | Girona 2 vs 1 Athletic Club | Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Empoli | Bologna 0 vs 0 Parma | Juventus 1 vs 1 Cagliari | Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 1 Cardiff City | West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: Bristol City 1 vs 1 Cardiff City | West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A