‘Sodomie benadeel niemand’

Kampvegter reageer op PG se verklaring
Friedel Dausab sê sodomie is 'n private, konsensuele en intieme uitdrukking van seksuele identiteit.
Kristien Kruger
“Die prokureur-generaal se beëdigde verklaring het homofobiese sentimente ondersteun en propageer. Dit het ’n duidelike boodskap gestuur dat die staat homoseksuele liefde en verhoudings as onaanvaarbaar beskou. Hierdie reaksie vererger die onregverdige diskriminasie teen homoseksuele mense en versterk homofobiese houdings.”

So het die kampvegter vir die LGBTQ+-gemeenskap, Friedel Laurentius Dausab, onlangse in ’n verklaring gesê in reaksie op ’n verklaring deur die prokureur-generaal (PG), Festus Mbandeka.

Dit vorm deel van die saak waarin Dausab die grondwetlikheid van die wette teen sodomie en “onnatuurlike” seksuele misdrywe uitdaag.

Hy voer aan dat gay mans se grondwetlike regte van waardigheid, vryheid, gelykheid en beskerming teen diskriminasie deur dié wette geskend word.

“Daar is niks omtrent sodomie wat die waardigheid van diegene wat daaraan deelneem, aantas nie. ’n Konsensuele seksuele daad tussen liefdevolle volwasse maats verneder nie die deelnemers nie,” lui Dausab se verklaring.

Volgens hom veroorsaak die wet ’n sluier van vrees oor individue wat besig is met ’n private, konsensuele en intieme uitdrukking van hul seksuele identiteit, wat geen skade aan enigiemand aanrig nie.

STIGMA

Dausab beweer die wette bevorder stigma en uitsluiting en lei tot die kriminalisering van konsensuele seksuele dade tussen mans.

“Die respondent [Mbandeka] voer aan dat gay en biseksuele mans vrywilliglik gekies het om nie sosiale norme te gehoorsaam nie, maar die uitdrukking van 'n mens se seksuele identiteit is ’n kernfaset van menslike ervaring. Gay en biseksuele mans wat hierdie deel van hulself onderdruk, doen dit teen ’n groot persoonlike koste,” stel hy in sy verklaring.

Die PG het verder aangevoer dat die stigma wat aan sodomie geheg word, nie uit die wet spruit nie, maar uit maatskaplike houdings. Dausab beweer dat die wet die stigma versterk wat aan homoseksualiteit gekoppel is.

PUBLIEK SE OPINIE ‘ONGELDIG’

“Die respondent [Mbandeka] sê dat die Namibiese publiek se morele siening van sodomie, deurslaggewend is tot die geldigheid van die wette. Hulle stel voor dat grondwetlike waardes ondergeskik is aan openbare mening.”

Dausab verwerp dié argument en voer aan dat die publiek se standpunt nie moet bepaal wat grondwetlik is nie.

“Anders as die respondent, baseer ek nie my saak op openbare mening nie, maar op die Grondwet.”

Hy beweer dat die beskerming van openbare sedes van een deel van die samelewing, al is dit die meerderheid van die samelewing, nie die gedrag van ’n ander deel kan beperk nie. Veral ’n gedrag wat volgens hom, geen skade aan ander veroorsaak nie.

“Hierdie saak handel oor die grondwetlikheid van wette wat inbreuk maak op volwassenes se konsensuele uitdrukking van hul seksuele identiteit. Hierdie wette beperk hierdie uitdrukking en maak dus inbreuk op ’n magdom grondwetlike regte en vryhede.”

Dausab het verder uitgewys die PG het geen bewyse gelewer om die bewerings te staaf dat die meerderheid van die Namibiese bevolking homoseksuele gedrag as immoreel en onaanvaarbaar beskou nie.

IMPAK

Dausab het in sy verklaring daarop gewys dat Mbandeka nie in sy verklaring die impak van die wette op gay en biseksuele mans ontken het nie.

Hy ontken glo nie dat hulle in vrees van inhegtenisname en vervolging leef en die vernedering ly om as misdadigers bestempel te word nie.

“Trouens, hy bevestig die verwoestende impak wat die wette op die lewens van gay en biseksuele mans het wanneer hy erken dat die afwesigheid van die sodomiewet ‘daartoe sal lei dat mense van dieselfde geslag as paartjies saamwoon in intieme verhoudings wat soortgelyk is aan 'n gesin’. Die respondent erken met ander woorde dat die wette in die pad staan dat gay en biseksuele mans betekenisvolle intieme verhoudings ontwikkel,” sê Dausab.

Hy het wel benadruk dat die huidige verrigtinge nie die verbod op selfdegeslaghuwelike uitdaag nie en het beklemtoon dat indien die hof die sodomiewette as ongrondwetlik verklaar, dit nie die verbod op selfdegeslaghuwelike sal weerspreek nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Brentford 1 vs 1 West Ham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A