Spray-a-thon skop volgende week af
Die nasionale Spray-A-Thon ten bate van die Kankervereniging van Namibië (CAN) is van stapel gestuur.
Dié jaarlikse geldinsamelingsveldtog word aangebied om bewustheid van kinders met kanker te skep en om hulle finansieel te ondersteun.
Vanjaar se projek skop op Woensdag 1 Maart af en skole en ondernemings kry die geleentheid om gekleurde haarsproei te bestel en hul eie Spray-A-Thon-geleentheid tot die einde van April aan te bied.
Jaarliks word ongeveer N$250 000 ingesamel. Die opbrengste van dié projek word ten bate van die tydelike huis vir kinders met kanker in Namibië (Chica) aangewend en Chica se ondersteuningsprogram vir pasiënte, asook Windhoek Sentrale Hospitaal se onkologie-kindersaal.
Vir meer inligting en bestellings kontak 061 237 740 of [email protected] of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie