Takel ongelykhede in MIV-stryd, sê Geingos
‘Fokus op wat julle kan beheer’
Die presidentsvrou het gesê ons moet 'n pragmatiese benadering hê om ongelykhede die hoof te bied.
Elizabeth //Kheibes - Namibië se presidentsvrou, Monica Geingos, het belanghebbendes aangemoedig om te fokus op wat hulle kan beheer rakende MIV/vigs-verligtingsinisiatiewe.
Sy was verlede week tydens die 15de Unaids-vergadering van die nasionale MIV-multisektorale leierskapsforum in Windhoek aan die woord en het gesê in Namibië kwalifiseer die meeste korporatiewe sleutelrolspelers nie vir vigsverwante korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KSV)-toelaes nie, wat ’n groot gedeelte van hulp wat daardie sektor kan bied, uitkanselleer.
“Namibië se MIV-reaksie het dit vir my maklik gemaak om ’n spesiale kampvegter vir adolessente meisies en jong vroue te wees, aangesien ons so ’n goeie storie het om te vertel van hoe plaaslike oplossings wêreldwye resonansie het.
“Namibië word ook as ’n hoër-middelinkomsteland geklassifiseer. Dit is die tweede mees ongelyke land ter wêreld vanuit ’n inkomste-ongelykheidsperspektief. Daar is ’n teenstrydigheid. Wat dit beteken, is dat mense soos ek en ander KSV-organisasies nie vir toelaes kwalifiseer nie,” het sy gesê.
“Dit diskwalifiseer hulle deur klassifikasie, al het ons diep vlakke van strukturele armoede. En dis hoekom jy lande soos Namibië kry waar jy die beste van ’n Afrikaland sien, maar jy sien ook wat jy in elke ander lae-inkomsteland sien.”
PRAGMATIESE BENADERING
Geingos het bygevoeg om ongelykhede te takel – insluitend die ongelykhede in terme van geleenthede – is belangrik in sulke konsultasies.
“Daarom moet ons ’n pragmatiese benadering en duidelike aksies hê om ongelykhede die hoof te bied, insluitend dié wat verband hou met geslag, ouderdom, en die skeiding tussen die landelike en die stedelike gebiede in terme van onderwys en indiensneming.
“Die Globale Fonds het ’n belangrike rol in Namibië se MIV-reaksie gespeel,” het sy gesê.
Benewens die hantering van strukturele ongelykhede in aborsiepolitiek wat reaksies op openbare gesondheid in die gedrang bring, “sien ons hoe globale verbintenisse tot klimaatsfinansiering dieselfde onbillike lyne van ‘ek eerste’ skep,” het die presidentsvrou bygevoeg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie