Vee steeds ’n kopseer op Gobabis
Vergadering sou Vrydag belê word
Die sperdatum wat die dorpsraad gestel het om die honderde skape, bokke en 'n handjievol perde uit die nedersettings te verwyder, het Woensdag verstryk.
Gobabis se informele nedersettings se kwessies met vee bly onopgelos, terwyl opposisie-politici inwoners opstook teen staatsleiers wat onbereikbaar is.
Die Landless People’s Movement (LPM) se protes-aksie Donderdag voor die geslote hekke van die Omaheke-goewerneur se kantoor is geïgnoreer en niemand het uitgekom om die klagskrif in ontvangs te neem nie.
Die sperdatum wat die dorpsraad gestel het om die honderde skape, bokke en ’n handjievol perde uit die nedersettings te verwyder, het Woensdag verstryk.
Die munisipaliteit se uitvoerende hoof, Sophia Eises, het nog teen Dinsdag daarop aangedring dat die diere teruggeneem sal word na waar hulle vandaan kom.
Sy sê die diere belemmer die dorpsraad se pogings om die nedersettings te ontwikkel, erwe uit te meet en uiteindelik om dienste, soos watertoevoer en elektrisiteit, na die informele woonbuurte van Kanaan te bring.
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het egter dié opdrag reeds in ’n brief in reaksie op ’n LPM-versoek vir ingrypings Dinsdag gekniehalter.
Luidens die brief vanaf minister Calle Schlettwein is sy ministerie reeds bewus van die kwessie en dat die ministerie saam met die streekowerhede en die Omahekestreek se hervestigingskomitee sal werk om ’n oplossing binne die raamwerk van die Wet op Grondhervorming van 1995 te vind.
“Dit het onder ons aandag gekom dat die vee wat verwyder moet word, en wat na bewering deur die bewoners besit word, brandmerke het wat nie eienaarskap van hierdie diere aan die bewoners bewys nie, en ook nie oorplaatjies dra nie.
“Die beweging van die vee na enige ander plek word verbied. Hierdie saak moet eers met die hulp van die streekowerhede uitgestryk word,” skryf die minister.
Eises het gesê ’n vergadering sou Vrydag belê word om die pad vorentoe in terme van die diere te bespreek.
Verder het Schlettwein ook die LPM se versoek dat die stedelike boere op Plaas Witsand hervestig word, van die hand gewys.
Die plaas is reeds geoormerk vir die hervestiging van Namibiese burgers wat uit Botswana terugkeer, brei hy uit.
“Ons beskou u bedekte dreigement om grond te gryp as onwettig en adviseer dat u u van hierdie optrede weerhou. Onwettige optrede sal nie geduld word nie en dien verseker nie ’n doel om die kwessie te takel nie,” het die minister geskryf.
’n LPM-parlementslid, Utaara Mootu, sê die polisie op Gobabis het gewelddadig teenoor betogers gedurende die optog geraak en sê iemand het haar probeer aanrand. Sy het ’n saak by die polisiekantoor op die dorp laat open.
In ’n regstreekse uitsending van die optog wat in die sosiale media gedeel is, sê Mootu as die betrokke stedelike boere nie teen die einde van vandeesmaand hervestig word nie, sal die inwoners van die betrokke informele nedersettings die onbewoonde hervestigingsplase in die Gobabis-omgewing beset.
Goewerneur Pijoo Nganate het op navraag reageer. Hy het gesê hy was nie bewus van die optog nie en dat hy in Windhoek was om wanvoeding te bespreek.
Verder word die dierekwessie deur streekleierskap en die ministerie van landbou, water en grondhervorming hanteer, sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie