Namibie tel vanaf hierdie week alle vlugtelinge in die land.
Foto argief
Namibie tel vanaf hierdie week alle vlugtelinge in die land. Foto argief

Verifikasie van vlugtelinge begin

Augetto Graig
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit en die Verenigde Nasies (VN) se vlugtelingagentskap (UNHCR) het ’n verifikasieveldtog van stapel gestuur, waartydens alle geregistreerde asielsoekers en vlugtelinge by sekere punte moet aanmeld.

Van Dinsdag [vandag] af moet vooraf geskeduleerde gevalle by die Osire-vlugtelingkamp wees, terwyl ander vlugtelinge vanaf 13 Maart tot 26 Maart daar moet aanmeld. Sondae is afdae, Saterdae word net tot 13:00 gewerk en 21 Maart is ’n openbare vakansiedag, lui die verklaring.

Op 27 Maart sal diegene in die hoofstad en omliggende gebied hulle aanmeld by die UN Plaza en die Soweto-woonbuurt.

“Enigiemand wat nie opdaag nie, sal van die stelsel verwyder word en sal nie in aanmerking kom vir enige van die dienste wat deur hierdie kantore aangebied word nie,” lui die verklaring wat Donderdag uitgereik is.

“Alle familielede moet by die verifikasieproses wees. Vingerafdrukke sal geneem word en hul oë sal geskandeer word – vir almal ouer as vyf – terwyl nuwe fotoֹ’s ook geneem sal word. Bring alle identiteitsdokumente saam.”

Indien dit nie moontlik is om fisiek teenwoordig te wees nie, moet skriftelike kommunikasie dringend aan die ministerie gerig word.

Verder word daar streng teen enige bedrog gewaarsku.

Enigeen wat nog nie geregistreer is nie, en wil registreer, moet so gou moontlik by die ministerie se kantoor op Katima Mulilo registreer. Alle relevante dienste word gratis verskaf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!