‘Verklaar droogte tot nasionale ramp’
Landbou-unies besoek Schlettwein
Malawi is die eerste Suider-Afrikaanse land wat die droogte as 'n ramptoestand verklaar het, gevolg deur Namibië se buurland Zambië en vandeesweek Zimbabwe.
Drie Namibiese landbou-unies het ’n dringende beroep op president Nangolo Mbuma gedoen om die droogte van 2024 tot ’n nasionale ramptoestand te verklaar.
“Alhoewel boere dankbaar is vir neerslae wat in sekere dele van die land ontvang is, vereis toenemende droogtetoestande die hersiening van vorige droogtebeleide en -strategieë.” sê die Namibië Landbou-unie (NLU), die Namibië Nasionale Boere-unie (NNFU) en die Namibiese Ontluikende Kommersiële Boerevereniging (Necfu).
Die drie unies het saamgespan en hul verteenwoordigers het Donderdag ’n besoek aan die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, gebring om voorstelle oor die kwessie met hom te bespreek.
Hy het die gesamentlike voorstelle van die unies verwelkom en het ’n werkskomitee saamgestel wat die kabinetsvoorlegging sal finaliseer.
Die besprekings het onder meer ingesluit dat droogtehulpmaatreëls so vroeg as moontlik binne ’n jaar van ’n ramp geïmplementeer moet word, alle streke insluit en regdeur die jaar beskikbaar moet wees.
Die unies versoek ook dat die lewendehawe-bemarkingsaansporing effektief vanaf 1 Januarie 2024 geïmplementeer word en nie net gedurende die oorblywende deel van die jaar nie.
“Kernteelkuddes moet beskerm word deur die voorsiening van voer en die kondisie van maer beeste en skape moet verbeter word om alle uitvoerslagplase van diere wat slaggereed is te voorsien vir hoëwaardemarkte.”
Die unies vereis ook stiptelike betaling aan veeprodusente wat by uitvoerabattoirs slag.
“Bykomende fondse van die Nooddroogtefonds word benodig om geleenthede te skep wat bydra tot waardetoevoeging binne die beesvleissektor, sowel as bykomende slagkapasiteit by
uitvoerabattoirs van 30 000 tot 40 000 beeste.”
Alle sektore wat verbonde is aan lewende hawe, insluitend suiwel-, Swakara- en ander lewendehawe-produksiesektore moet by die droogtebystandskema ingesluit word om te help om hierdie bedrywe te beskerm, meen die unies.
GEWASPRODUKSIE
Wat die moontlike staking van besproeiingskemas weens lae damvlakke betref, heers daar veral kommer oor die Hardap- en die Etakadam wat sosioëkonomiese toestande in die Hardap- en Oshanastreek negatief sal beïnvloed.
Die unies vra vir ’n spesiale program om stapelvoedselsekerheid te verseker, wat moet geld vir alle saaiboere wat deur die droogte geraak word.
Dit sluit in ’n spesiale voedsel- en kontantbystandskema vir Etaka-boere en Hardapbesproeiingswerknemers, indien daar nie voldoende invloei tydens die huidige reënseisoen plaasvind nie.
Die unies pleit vir ondersteuning wat gewasprodusente in staat sal stel om weer gewasse in die 2024-’25-seisoen met gesubsidieerde saad, kunsmis en brandstof aan te plant.
Verder versoek die unies dat Agribank betalingvakansies moet beskikbaar maak aan alle boere wat lenings by dié bank het, en wat ook van toepassing op alle produkte sal wees. Alternatiewelik moet die subsidiëring van rente in plek gestel word.
Die bekende landboukenner Wallie Roux stem saam dat die droogte as ’n ramptoestand verklaar moet word.
“Die onlangse reëns word verwelkom, maar dit val steeds kol-kol en verder kom die huidige reën effens te laat. Alhoewel, dit behoort die veld vanaf September ’n vroeë hupstoot te gee,” het hy aan Republikein gesê.
Malawi is die eerste Suider-Afrikaanse land wat die droogte as ramptoestande verklaar het, gevolg deur Namibië se buurland Zambië en vandeesweek Zimbabwe. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie