Verwarring oor wetlike status van gelukstrekking
Loteryraad betrek om duidelikheid te kry
Basil Smit het beklemtoon dat hulle ten volle daartoe verbind is om aan alle wetlike vereistes te voldoen en die hoogste deursigtigheid regdeur hierdie proses te verseker.
Ellanie Smit – Die sakeman Basil Smit wat onlangs Namibië se eerste aanlyn gelukstrekking van eiendomme op die been gebring het, sê daar bestaan kommer en verwarring oor die wettigheid van die gelukstrekking van Amani Lodge en Burg’s View Boutique Hotel.
Dit volg nadat die Namibiese loteryraad die publiek gewaarsku het dat dié multimiljoendollar aanlyn eiendomsgelukstrekking, ook bekend as die Namibia Property Raffle Project, nie goedgekeur is nie en as ’n onwettige lotery beskou word. Smit het gesê hul voornemens was nog altyd om binne ’n wetlike raamwerk te werk soos deur die betrokke owerhede vasgestel.
“Ons het nougeset die nodige stappe gevolg om ’n loterylisensie te bekom, en ons wag tans op ’n antwoord van die loteryraad rakende talle e-poskorrespondensies en eindelose vergaderings in hierdie verband.”
MOONTLIKE WANKOMMUNIKASIE
Hy het gesê hulle het met die loteryraad kontak gemaak om duidelikheid te kry en enige teenstrydighede wat mag bestaan tussen hulle onlangse kommunikasie en hul vorige besprekings, op te los.
“Ons glo dat hierdie situasie die gevolg kan wees van wankommunikasie of ’n misverstand, wat ons glo reggestel kan word deur voortgesette dialoog en samewerking.”
Smit het beklemtoon dat hulle ten volle daartoe verbind is om aan alle wetlike vereistes te voldoen en die hoogste deursigtigheid regdeur hierdie proses te verseker.
“Ons verstaan die belangrikheid van die handhawing van publieke vertroue en sal alle nodige stappe doen om enige bekommernisse wat deur die loteryraad of die gemeenskap geopper word, te takel.”
TERUGVOER VAN DIE RAAD
Die voorsitter van die loteryraad, Michael Mutonga, het verlede week gesê die raad het ’n aansoek ontvang om ’n lotery te hou onder afdeling 7 (56 tot 66) van die Loterywet, wat verwys na liefdadigheidsloterye.
“Ingevolge sy opdrag en mandaat onder die Loterywet, het die raad op sy gewone vergadering op 18 Augustus 2022 die aansoek beoordeel en dit uiteindelik geweier aangesien dit nie aan die vereistes van die bepalings van artikels 56 tot 66 voldoen nie.”
Matonga het gesê die aansoeker is dienooreenkomstig van die raad se besluit ingelig. Hy het gesê dat die raad sy reg volgens die wet voorbehou en tans besig is om die nodige maatreëls te tref en die publiek dienooreenkomstig in te lig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie