20-jaar-gelede
20-jaar-gelede

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 28 Januarie 2002

• Verspreide reënbuie wat na die week oor groot dele van Namibië verligting van die droë hitte gebring het, is vir eers iets van die verlede.

• Die tweede aanslag op die onafhanklikheid van die regsbank deur ’n aanval op die persoon van die huidige Aanklaer-Generaal, adv. Hans Heyman, kan verreikende gevolge vir regspleging inhou.

Dinsdag 29 Januarie 2002

• Die Regering gaan sy behuisingskema na die landelike gebiede uitbrei en ’n taakgroep is reeds besig om wyses vir die implementering daarvan op te stel.

• Zimbabwe het moontlik gister sanksies deur die Europese Unie vrygespring toe pres. Robert Mugabe in ’n ommeswaai internasionale waarnemers na dié land uitgenooi het om die presidensiële verkiesing in Maart te kom monitor.

Woensdag 30 Januarie 2002

• Die besluit van pres. Robert Mugabe om internasionale waarnemers in Zimbabwe toe te laat om die presidensiële verkiesing in Maart te monitor sal eers teen die middel van volgende maand ’n werklikheid word, wat dan te laat sal wees om die verkiesing doeltreffend in oënskou te neem.

Donderdag 31 Januarie 2002

• ’n Bekende Windhoekse sakeman se voertuig van N$800 000 is summier gekonfiskeer midde-in ’n nuwe storm wat losgebars het oor die wettigheid van ingevoerde Toyota Land Cruisers ter waarde van meer as N$15 miljoen op Namibiese paaie.

• Air Namibia se Boeing 737 is sedert die begin van die week aan die vlugroete via Walvisbaai na Kaapstad onttrek en sal nou ses regstreekse vlugte na Kaapstad en sewe na Johannesburg per week onderneem.

Vrydag 1 Februarie 2002• Die stelsel waardeur Namibiërs wat nie voltyds by skole geakkommodeer kan word nie hul studies by die Namibiese Kollege vir Ope-studie (Namcol) kan voortsit, werk beslis.

• Dit is onredelik en ongrondwetlik vir die Namibiese weermag om militêre rekrute van die mag uit te sluit, bloot op grond van hul MIV-status, soos in seksie sewe van die wetsontwerp op verdediging voorsien word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!