20-jaar-gelede2021-11-260
20-jaar-gelede2021-11-260

20 jaar gelede

Maandag 4 Februarie 2002 - Plaaswerkers van Aussenkehr was Vrydag kort voor die middaguur in ’n gru-ongeluk betrokke toe die vragmotor waarmee hulle vir ete na hul huise vervoer is, die pad verlaat en omgeslaan het. - Die visbedryf is onherroeplik op ’n nuwe koers geplaas met ingrypende verstellings wat groter stabiliteit, realisme en vertroue vir dié wisselvallige, maar gerespekteerde valutaverdiener van die Namibiese ekonomie sal waarborg. - Die ontwikkeling van Namibië is ’n prioriteit van die Regering en Pres. Sam Nujoma het die naweek sterk te velde getrek teen diegene wat ontwikkelingsprojekte in die wiele wil ry.

Dinsdag 5 Februarie 2002 - ’n Ernstige tekort aan personeel, onmenslike optrede en swak opleiding van immigrasiebeamptes het die afgelope maand vir meer as een drama op die Noordoewer-grenspos gesorg. - Reënvalsyfers vir Januarie is met die uitsondering van die belangrikste graanproduserende streke in die land laer as die gemiddelde syfer van die afgelope 30 jaar. - Die Duitse minister van justisie, dr. Herta Däubler-Gmelin, het gister die versekering gegee dat die spesiale betrekkinge tussen Duitsland en Namibië ook ’n prioriteit van die huidige Duitse regering bly.

Woensdag 6 Februarie 2002 - Altesaam 34 Toyota Land Cruisers ter waarde van sowat N$18 miljoen op Namibiese paaie is oornag as verdag verklaar nadat internasionale speurwerk die leier van ’n motordiefstal-sindikaat in Engeland vasgetrek het. - Die sensitiewe grondkwessie in Suider Afrika is gister deur die president van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), mnr. Risto Kapenda, as rasse-solidariteit afgemaak waar blankes mekaar help beskerm. - ’n Kabinetsminister van Suid-Afrika het gister die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) gekritiseer vir sy huiwerigheid om waarnemers na Zimbabwe te stuur om die presidensiële verkiesing te monitor.

Donderdag 7 Februarie 2002 - Byna drie jaar nadat Pres. Sam Nujoma Swapo se sentrale komitee ingelig het oor die Kalahari Holdingsgroep se skuldlas van meer as N$32 miljoen, het binnegevegte in ’n filiaal van die groep, Namib Contract Holdings, uitgebreek wat nou ’n saak in die Hoërhof geword het. - Die name van honderde skole in Zimbabwe wat na Britse koninklikes en historiese figure vernoem is, gaan verander word. - Namibiërs se vislus bly laag, ten spyte daarvan dat die land jaarliks meer as 600 000 ton vis produseer.

Vrydag 8 Februarie 2002 - Namibië het die toets van ’n funksionele veelparty-demokrasie deurstaan en sy unieke grondwet is grootliks daarvoor verantwoordelik. - Toerisme is die slagoffer van twee groot projekte waarvan die kusgemeenskappe van Walvisbaai en Swakopmund blykbaar kan vergeet. - Die Polisie is bekommerd oor ’n toename in vals klagtes van gewapende kapings van motorvoertuie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!