20 jaar gelede
Maandag 11 Februarie 2002
- Onprofessionele diens en swak en korrupte bestuur by verwaarloosde kampeerterreine dra by tot toergidsmaatskappye se frustrasie om toerisme in Namibië te bevorder.
- Namibië se Grondwet, wat Saterdag 12 jaar gelede as die hoogste wet in die land aanvaar is, bly steeds ’n bakenlig van demokrasie in Afrika en geniet ook internasionale erkenning as van die bestes ter wêreld.
- Hoewel verspreide reënbuie die naweek oor dele van Namibië uitgesak het, bly die groot reën steeds weg.
Dinsdag 12 Februarie 2002 - Teen alle verwagting gaan een van die wetsontwerpe wat die volle steun van die Nasionale Vergadering (NV) geniet het, nou in die tweede kamer van die Parlement in omstredenheid gedompel word. - Die blitskrieg waarmee Air Namibia einde verlede jaar van senior personeel ontslae geraak en ander se poste afgeskaal het, het in die waarnemende bestuur se gesig ontplof met ’n waarskuwing van die Direktoraat Burgerlugvaart om dringend regstellende aksie toe te pas.
Woensdag 13 Februarie 2002 - Die Anti-Korrupsie wetsontwerp is gister in die Nasionale Raad (NR) eenparig en onder luide toejuiging in beginsel verwerp en die bal is nou in die hande van die NV om te besluit of die wetsbepalinge deel van die Wet op die Ombudsman sal uitmaak. - Die verhouding tussen die Namibiese mikro-lener, Fin-ED, en die Suid-Afrikaanse bank wat verlede Saterdag onder kuratorskap geplaas is, Saambou, bied aan Namibiese banke ’n geleentheid om hul tande in ’n bedryf te slaan waarin hulle lankal betrokke wou wees.
Donderdag 14 Februarie 2002 - Sommige kommersiële witmielieproduserende gebiede in die noorde van Namibië huiwer op die rand van ’n krisis weens die swak en wisselvallige reënval wat die seisoen ondervind word. - ’n Verbrokkeling van die beesvleisbemarkingstelsel wat teen miljoene in die jare tagtig en met bloedsweet op die been gebring is, kan Namibië se status as uitvoerland na die Europese Unie in gedrang bring.
Vrydag 15 Februarie 2002 - ’n Vasberade boer wat nie ’n verkeersman se vertolking van die wet wou aanvaar nie, het gister ’n geskarrel in die landdroshof op Swakopmund veroorsaak en uiteindelik daartoe gelei dat hy skotvry uitgestap het. - Namibië se skaarsste grootbokspesie, die swartwitpens, kan moontlik eersdaags sy populasie met 10 persent vermeerder wat ’n geskiedkundige mylpaal vir die Namibiese wildlewe kan beteken. - Die bevelvoerder van die Namibiese Weermag is Maandagaand deur ’n dronk soldaat katswink geslaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie