20-jaar-gelede2021-11-260
20-jaar-gelede2021-11-260

20 jaar gelede

Maandag 18 Februarie 2002 - Hewige gevegte tussen Unita en Angolese regeringstroepe het die naweek op die land se grens met Namibië uitgebreek met beseerdes wat in hospitale in Kavango behandel word. - Rugby-rassisme dreig om die voorseisoen te pootjie met kriminele klagte nadat die naweek se tienman-rugby-toernooi van die Namibiese Rugby-unie in ernstige omstredenheid beland het. - Die beveiliging van sy geliefde kleinseun teen ’n sebraslang as hul bedmaat was een van die laaste goed wat mnr. Johnnie Liebenberg van die plaas Omapyu-Noord van Omaruru gedoen het voordat hy met sy eie uitgerekte stryd op oorlewing begin het.

Dinsdag 19 Februarie 2002 - ’n Ondersoek na ernstige interne bedrog in die ruïne van die City Savings and Investment Bank (CSIB) en die moontlikheid dat Maleisiese vennote in dié mislukte avontuur sal poog om nog sowat US$500 000 (N$5,65 miljoen) uit die vervalle bank te kry. - Nog ’n bekende boere-egpaar in hul tagtigs is die naweek grusaam op hul plaas in die Hochfeld-omgewing vermoor.

Woensdag 20 Februarie 2002 - Die Namibiese Regering streef deur daadwerklike beleidsrigtings na maniere om die land se ekonomie te versterk en sodoende meer werksgeleenthede vir Namibiërs te skep. - Namibië veroordeel die “slim-sanksies” deur die Europese Unie (EU) teen pres. Robert Mugabe van Zimbabwe en 19 van sy binnekringlede ten sterkste en waarsku dat dié optrede verhoudinge tussen die EU en die lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) kan vertroebel.

Donderdag 21 Februarie 2002 - ’n Leierskapkrisis staar die NBC in die gesig en koppe kan in die skoonmaakproses rol. - Werkersonrus voor die ingang van die Hotel Safari het gister in ’n regsgeding tussen die sekretaris-generaal van die Namibiese Voedsel en Verwante Werkersunie, mnr. Cuano Angula, en senior polisiemanne ontaard toe die vakbondleier gearresteer is en hy ’n klagte vir die skending van die mensereg om vreedsaam te demonstreer teen die polisie gemaak het.

Vrydag 22 Februarie 2002 - Tradisionele wapens in voertuie van stakende werkers van die hotel Safari en versterkings uit geledere van twee van Windhoek se spoghotelle het vakbondoptrede gister in omstredenheid gedompel nadat dit Woensdag tot ’n botsing tussen die polisie en die vakbondverteenwoordigers gelei het. - Staatsbehuising is in wanorde gedompel met eiendomme wat verval weens die totale gebrek aan ’n beleidsrigting ten opsigte van die toekenning, instandhouding, rekordhouding en prosedures vir optrede teen onwettige besetters.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!